Hoe lyk Afrikaans in die digitale ruimtes? VivA wil weet.

Tuis 5 Weet dit 5 Taalnuus 5 Hoe lyk Afrikaans in die digitale ruimtes? VivA wil weet.
Viva

Persverklaring

Help VivA met hulle navorsingsprojek deur ’n kort vraelys in te vul en staan die kans om ’n geskenkbewys te ontvang.

Hoekom die navorsingsprojek?

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) loods tans, in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK), ‘n nasionale navorsingsprojek om die digitale lewenskragtigheid van Afrikaans te meet. Die projek is gebaseer op die internasionaal erkende Digital Language Vitality Scale (DLV-skaal). Die doel van hierdie ondersoek is om beter te verstaan hoe Afrikaans in digitale ruimtes gebruik word, watter hulpmiddels beskikbaar is en waar verdere ontwikkeling nodig is.

As deel van hierdie projek het VivA ‘n kort, anonieme aanlyn vraelys ontwikkel wat minder as vyf minute neem om te voltooi sodat ’n verteenwoordigende steekproef verkry kan word. Elke 50ste respondent ontvang ‘n R300 Takealot-geskenkbewys.

[dt_button link=”https://form.jotform.com/260261571521550″ target_blank=”true” button_alignment=”center” size=”big”]Klik hier en vul die vraelys in[/dt_button]

Waarom is jou deelname belangrik?

  • Dit help om betroubare data oor Afrikaans se digitale gebruik te versamel.
  • Die resultate sal gebruik word om strategiese taalbeplanning, digitale ontwikkeling en die beleidsrigting vir Afrikaans te ondersteun.
  • Die bevindings sal in samewerking met die SAAWK wetenskaplik verwerk en gepubliseer word.

Alle data word volledig anoniem, eties en in ooreenstemming met POPIA hanteer.

by | Jan 30, 2026 | Taalnuus, Weet dit

Deel hierdie plasing