Ons is mos maar geneig om vas te klou aan ons oortuigings en dit is goed, maar soms is dit nodig om ‘n stappie terug te neem, te besin en te erken:
- Soms is dit nodig om iets te laat gaan om ware vryheid te beleef.
- Woorde wek, maar optrede trek (jou optrede is wat saakmaak).
- Motivering is goed, maar om dissipline aan die dag te lê, is nog belangriker.
- Jou gewoontes bepaal jou persoonlikheid.
- Die waarheid maak jou vry (selfs al gaan dit soms gepaard met seerkry).
- Vertrou jou intuïsie.
- Jy gaan nooit gereed wees of voel om iets nuut of anders aan te pak nie. Maak dus dadelik werk daarvan en begin net.
- Jou denke bepaal jou realiteit. Wees dus versigtig wat jou gedagtes oorheers.
- Jou lewe word bepaal deur jou (geestelike) ingesteldheid.
Bron: quora.com







