Ons het mos maar almal ons eie mening, en deel dit tog so graag gevraagd en ongevraagd.
Maar … soms is dit beter om stil te bly … en buitendien is stilte mos ook ’n antwoord.
Bly liewer stil as:
- Jy nie die volle verhaal ken nie.
- Jy weet dit gaan moeilik wees om jou emosies te beheer.
- Jy smoorkwaad is.
- Jou woorde ’n wonderlike vriendskap of verhouding kan skaad of vernietig.
- Jy onseker is oor die onderwerp of nie oor genoeg kennis beskik nie.
- Iemand hulle swaarkry en kwesbaarheid met jou deel.
- Jy nie kan praat sonder om jou stem te verhef nie.
- Jou stilte jou verbintenisse kan koester en in stand hou.
- Jou woorde bloot gaan bydra om jou ego te streel, of as jy op soek is na bevestiging van jou deuglikheid.
- Jou woorde iemand se vertroue in jou kan skaad.
Bron:
10 Places you should stay silent at all cost: – Be kind With your Mind (psychology) – Quora







