Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Sit jy ook soos ek elke Kerstyd met jou hande in die hare oor wat om vir wie te koop as geskenk?
Ek moet bieg, ek is nie een van die “georganiseerdes” wat regdeur die jaar geskenkies koop en in die laai bêre sodat dit nie nodig is om hier voor Kersfees rond te skarrel nie.
Ek besef ook dis die idee wat tel – is dit? – maar ’n mens wil nou ook nie jou hele bonus op geskenke uitgee nie. Buitendien, ek dink jou pa en man het genoeg kouse en jou ma en ouma kan net soveel poeier of lyfroom gebruik. En nog ’n ornament is, wel … nie welkom nie! Afrikaans.com het bietjie gaan rondkrap op die internet en die volgende webtuistes raakgelees. Dalk gee dit jou die nodige inspirasie en jy hoef nie eers die winkels te trotseer nie. Klik en bestel en die pakkie word by jou voordeur afgelaai. Al wat jy moet doen, is dit toedraai, ’n strik ombind (as jy wil) en … ontspan. Maar, as jy steeds nie hier onder kry waarvoor jy soek nie, besoek jou plaaslike vlooimarkte vir oulike en handgemaakte sakpasgeskenke, of koop ’n boek of boekgeskenkbewys by ’n uitgesoekte boekwinkel.
Hier is ’n lys van ons vyf gunstelingwebtuistes vir geskenkidees.
Mondvol
Andriëtte Georgiou, ’n naaswenner in ’n vorige MasterChef-kompetisie is die skepper en eienaar van die Kaap-gebaseerde koekie-onderneming, Mondvol. Saam met haar toegewyde span kan hulle nie voorbly met hulle heerlike en anderste reusekoekies nie. Gaan loer op hulle webtuiste en bestel vandag nog. Daardie “Classic Cookie Box” lyk vir ons nommerpas vir die Kerstyd en sal ’n heerlike geskenk wees – as jy dit oor jou hart kan kry om dit te deel en nie self op te eet nie. Dalk moet jy maar meer as een boks bestel.
Besoek Mondvol: https://mondvol.co/

Riana Mostert Art
As jy hou van oorspronklike items soos ononderbroke lyntekeninge en illustrasies (dis nou wanneer jy op een plek begin en eers jou hand oplig as die tekening klaar is), unieke huisware, skryfbenodigdhede en meer, sal die kunstenaar Riana Mostert se werk jou inspireer.
Dit is ideale geskenke vir daardie spesiale mense in jou lewe.
Besoek Riana Mostert Art: https://rianamostert.com/

Veldskoen
As jy op soek is na gemaklike veldskoene, plakkies, en sandale vir die hele gesin, is Veldskoen net die plek. Daai skoene is gemaak vir vastrap! Kies uit ’n verskeidenheid style en kleure, laai sommer ’n bykomstigheid of twee ook in jou mandjie en durf die nuwe jaar in styl aan.
Besoek Veldskoen: https://www.veldskoen.com/

Nifty Gifts
’n Webtuiste met oulike geskenkies wat elke smaak en sak sal bevredig. Die verskeidenheid op Nifty Gifts is groot, maar dis veral die eg Suid-Afrikaanse items wat ons oog gevang het.
Besoek Nifty Gifts: https://niftygifts.co.za/ en klik veral op hulle South African Gifts-afdeling (Made in South Africa)

Incanda Re-create
Incanda is bekend vir hulle pragtige meubels, maar omdat hulle streef na volhoubaarheid, word niks weggegooi nie en is hulle Re-create-reeks hieruit gebore. Afvalmateriaal word omskep in unieke produkte, soos handsakke, rekenaarsakke, leervoorskote en -strikdasse, hout- wynbottel-en-glashouers, leeroorbelle en meer. Ons weet sommer jy sal iets uniek hier raakloop.
Besoek Incanda Re-create: https://incanda.co.za/recreate/

Gaan kyk ook hier vir nog idees
Lize Mouton:
https://lizemoutoncollection.com/
Annatee:
https://www.annateewear.com/
Sundae Skin:
https://www.sundaeskinco.co.za/
Kraak Beskuit:
Home – Kraak Rusks | Kraak Beskuit








