Persverklaring
Niamh bring Afrikaans na die internasionale country-toneel en wys dat ons taal tuis kan klink, selfs op ’n wêreldverhoog.
Ons lesers ken reeds die talentvolle Suid-Afrikaanse ekspat, Niamh Beatrix Smith, wat bekendheid verwerf het vir haar treffende vertolking van Die Heuwels Fantasties se Klein Tambotieboom, asook haar selfgeskrewe liedjies soos Irish Lad en Approval (wat vroeër vanjaar selfs in Rolling Stone verskyn het). In 2024 het sy saam met Hunter Kennedy (Heuwels Fantasties) die Afrikaanse liedjie Groen uitgereik.
Soos altyd het die 14-jarige Niamh nie stilgesit nie en haar talente ingespan en is haar eerste oorspronklike Afrikaanse country-liedjie, wat sy op haar eie aangepak het, Nou praat jy, op 14 Oktober vrygestel.
Nou praat jy is ’n huldeblyk aan Afrikaans – die taal van haar hart – maar ook ’n stem vir ekspats of enige iemand wat al gevoel het dat ander hulle nie verstaan nie. En nou dra sy daardie boodskap wêreldwyd oor en wys dat Afrikaans oral tuis is.
Intussen floreer haar musiekloopbaan: Niamh is een van die jongste kunstenaars ooit wat twee keer agtermekaar op die HotDisc Charts Top 40 én die HotDisc British & Irish Top 10 verskyn het. Haar huidige single, Like Your Mama Told You, is tans op nommer 7.
EPK: www.niamhbeatrix.com
Kyk gerus die musiekvideo hier:







