Ek wil nie meer ’n grootmens wees nie
Skrywer: Nicolette Kritzinger Ek haat mayonnaise. Dis ’n satansmeer. Het iemand in 1756 regtig gedink dis ’n goeie idee om ’n eier bang te klits, dit in ’n plastiekbottel te druk en op ’n onskuldige kind se poloniebroodjie te plak? Die vrou langs my staar lank na die opsies. Ek het nie geweet mens kan…


