Skrywer: Anoniem
Afrikaans.com deel graag die volgende lewenslesse wat ’n bejaarde persoon anoniem gedeel het.
Op die vraag oor die veranderinge wat hy op sy 70 plusjare binne homself ervaar, het hy die volgende lewenslesse gedeel:
- Nadat ek my lewe lank my ouers, my sibbe, my eggenote, my kinders en my vriende liefgehad het, het ek nou begin om myself lief te hê.
- Ek het besef: Ek is nie Atlas nie. Die wêreld rus nie op my skouers nie.
- Ek het ophou redekawel oor pryse met groente- en vrugtehandelaars. So paar ekstra pennies gaan my nie armer maak nie en dit help dalk die persoon wat geld spaar vir sy dogter se skoolfonds.
- Ek los ’n ordentlike footjie vir die kelnerin wat my bedien. Die ekstra geld laat haar dalk glimlag – sy werk soveel harder as ek om ’n bestaan te maak.
- Ek het opgehou om vir bejaardes te sê dat hulle alreeds die storie vele kere gedeel het. Dit is juis die stories wat hulle terugneem na die verlede en hulle daardie oomblikke laat herleef.
- Ek help mense nie meer reg nie – al weet ek hulle is verkeerd. Die onus om ander perfek te maak, berus nie by my nie. Vrede is veel kosbaarder as perfeksie.
- Ek deel graag komplimente uit. Dit is iets wat gemoedere lig – nie net vir die ontvanger nie, maar ook vir my. (En ‘n wenk as iemand jou komplimenteer – moet dit nie afmaak nie, sê bloot “Dankie!”.)
- Ek steur my nie aan nog ‘n kreukel of vuilmerkie op my hemp nie. Persoonlikheid is belangriker as voorkoms.
- Ek distansieer myself van mense wat my nie waardeer nie. Hulle weet dalk nie wat ek werd is nie, maar ek weet.
- Ek bly kalm as iemand vuil speel om my verby te steek in die rotresies van die lewe. Ek is nie ‘n rot nie en ek is ook nie in enige resies nie.
- Ek leer algaande om nie verleë te voel oor my emosies nie. Dit is juis my emosies wat my menslik maak.
- Ek het geleer dit is beter om afstand te doen van ‘n mens se ego, as om ‘n verhouding in die wiele te ry. My ego sal altyd tussen my en ander staan, maar met ware verhoudings sal ek nooit alleen wees nie.
- Ek het geleer om elke dag te lewe asof dit my laaste dag is. Wie weet, dalk is dit.
- Ek doen wat my gelukkig maak. Ek is verantwoordelik vir my eie geluk en is dit aan myself verskuldig. Om gelukkig te wees, is ’n keuse.







