Die Vyftigers

Tuis 5 Luister dit 5 Kunstenaarsfokus 5 Die Vyftigers
Die vyftigers

Persverklaring

Die Vyftigers – ’n Rooiwarm vertoning vir ’n eenmalige Afrikaanse viering

2025 is ’n jaar van mylpale: Afrikaans vier sy 100ste amptelike bestaansjaar, en vier van die taal se mees oorspronklike, geliefde kunstenaarseuns, vier hul 50ste omwenteling om die son. Die resultaat? ’n Onvergeetlike vertoning genaamd Die Vyftigers – ’n musikale viering van die lewe, taal, stories, en tyd.

Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal – vier unieke stemme in die Afrikaanse musieklandskap – klim saam op een verhoog om hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeu lange reis te eerbiedig. Dis ’n produksie wat eerlik, rou en reguit is – vol liriek, lag, melodie en menswees.

Die ontstaan van Die Vyftigers, het begin tussen die appelboorde van Grabouw, by Gian Groen se 50ste verjaarsdagpartytjie. Tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn, het Neil Sandilands die lig gesien: vier musikale vriende, almal besig om die 50 mylpaal te takseer, in dieselfde jaar wat Afrikaans 100 jaar oud word. Dié kreatiewe toeval kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie en met net een oproep na elkeen, was almal aan boord. So word DIE VYFTIGERS gebore – ’n unieke kruispunt tussen taal en tyd.

Elke kunstenaar bring sy eie storie, instrument en kleur na die verhoog en tussen hul vier loopbane is daar meer as 200 jaar se kreatiewe gravitas – elke noot en elke sin deurdrenk met betekenis.

Gian Groen

Bekend vir ‘Vier Seisoene Kind’, bring sy kenmerkende vingerkitaarstyl en rou stem.

Schalk Joubert

Met dekades se invloed in die musiekbedryf, dien met sy baskitaar as musikale anker en ritmiese gom.

Abel Kraamsaal

Terug op die verhoog na jare in die korporatiewe wêreld, en honger vir die verhoog, bied vars insigte en kragtige lirieke.

Neil Sandilands

Die hofnar en visuele impresario, verbind die produksie met humor, sinisme en teaterflair.

Die vyftigers

Die Vyftigers is nie net ’n musiekvertoning nie – dis ’n viering. Aan die hand van liedjies uit elk se repertoire, asook nuwe skeppings wat spesifiek vir hierdie produksie ontwikkel is, neem die kunstenaars gehore op ’n reis deur persoonlike stories, taalgeskiedenis en tydlose klanke. Die vertoning is ten volle in Afrikaans – ’n danksegging aan die taal wat dit alles moontlik maak. Of jy nou ’n aanhanger is van Afrikaanse musiek, die kunstenaars self, of eenvoudig op soek is na iets eg, diep en vermaaklik – hierdie vertoning is ’n moet-sien!

“Wat kry jy as jy vier duidelike persoonlikhede op een verhoog sit, wat elk ’n instrument bespeel, ’n ordentlike liriek kan pen en derms het wat brand? Sprankel ’n aweregse Afrikaanse woordeskat, sprinkel ’n titsel selfnegerende humorsin, ’n spatsel witblits, ’n slurpie Boere Zen en ’n draggie 50 jaar oue hardehout. Daar het jy dit. Die resep vir ’n aand se eersteklas vermaak: ‘Die Vyftigers’.  Amper soos Trompie en die Boksombende. As ek dan nou Trompie is, en Gian is Rooies, Abel is Dawie, Briers Coetzee (ons klankingenieur wat ook kan Cajon speel) is Blikkies, dan is Schalk mos Boesman die brak.” – Só sê Neil Sandilands.

Moenie dit misloop nie – een jaar, een taal, vier verjaarsdae, een verhoog. ’n Seldsame belyning van sterre, musiek en moedertaal. ’n Kultuurgebeurtenis.

Kaartjies is BEPERK – wees deel van ons geskiedenis.

Bespreek jou sitplek vir Die Vyftigers:

Datum: Donderdag, 10 Julie 2025

Plek: Die Koelkamers, Paternoster

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersKoelkamers

 

Datum: Vrydag, 11 Julie 2025

Plek: Daisy Jones Bar, Stellenbosch

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersDaisyJonesBar

 

Datum: Saterdag, 12 Julie 2025

Plek: Die Boer, Durbanville

Kaartjies: UITVERKOOP

 

Datum: Sondag, 13 Julie 2025

Plek: The Drama Factory, Strand

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersDramaFactory

 

Datum: Donderdag, 31 Julie 2025

Plek: The Music Kitchen, Gqeberha

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersMusicKitchen

 

Datum: Vrydag, 1 Augustus 2025

Plek: The Music Kitchen, Gqeberha

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersMusicKitchen2

 

Datum: Saterdag, 2 Augustus 2025

Plek: St Francis Brewing, St Francisbaai

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersStFrancisBrewing

 

Datum: Sondag, 3 Augustus 2025

Plek: Fancourt, George

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersFancourt

 

Datum: Vrydag, 8 Augustus 2025

Plek: Reed Valley, Mosselbaai

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersReedValley

 

Datum: Saterdag, 9 Augustus 2025

Plek: Kalfiefees, Hermanus

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersKalfiefees

 

Datum: Sondag, 10 Augustus 2025

Plek: The Alma Cafe, Kaapstad

Kaartjies: bookings@almacafe.co.za

 

Datum: Woensdag, 20 Augustus 2025

Plek: Cafe Barcelona, Colbyn Pretoria

Kaartjies: info@cafebarcelona.co.za / WhatsApp 082 458 9342

Datum: Donderdag, 21 Augustus 2025

Plek: Afriforum Teater, Pretoria

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersAfriforumTeater

 

Datum: Vrydag, 22 Augustus 2025

Plek: Afriforum Teater, Pretoria

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersAfriforumTeater

 

Datum: Donderdag, 18 September 2025

Plek: Aasvoëlklub, Bloemfontein

Kaartjies: WhatsApp 084 559 8991 / vultureclubevents@gmail.com

 

Datum: Vrydag, 19 September 2025

Plek: Melkkan, Welkom

Kaartjies: Whatsapp 084 517 4699 / silevera@gmail.com

 

Datum: Saturdag, 20 September 2025

Plek: Lake Umuzi Fees, Secunda

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersLakeUmuziFees

 

Datum: Sondag, 21 September 2025

Plek: Pierneefteater, Pretoria

Kaartjies: WhatsApp 0724605568 / info@pierneefteater.co.za

 

Datum: Woensdag, 24 September 2025

Plek: Ettienne Rosseau Teater, Sasolburg

Kaartjies: https://ertickets.com

 

Datum: Donderdag, 25 September 2025

Plek: Yoons, Witrivier

Kaartjies: 063 478 6846 / info@yoonseatery.co.za / www.yoonseatery.co.za

 

Datum: Vrydag, 26 September 2025

Plek: Centurion Teater, Pretoria

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersCenturionTeater

 

Datum: Saturdag, 27 September 2025

Plek: Loopstraat, Potchefstroom

Kaartjies: WhatsApp 082 571 8557 / looptherestaurant@gmail.com

 

Datum: Sondag, 28 September 2025

Plek: Matinee, Centurion Teater, Pretoria

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersCenturionTeater

Vervaardig Deur: Neil Sandilands

Musikale regie: Schalk Joubert

Teks: Neil Sandilands, Gian Groen, Abel Kraamsaal, Schalk Joubert

Deel hierdie plasing