Persverklaring
Die Vyftigers – ’n Rooiwarm vertoning vir ’n eenmalige Afrikaanse viering
2025 is ’n jaar van mylpale: Afrikaans vier sy 100ste amptelike bestaansjaar, en vier van die taal se mees oorspronklike, geliefde kunstenaarseuns, vier hul 50ste omwenteling om die son. Die resultaat? ’n Onvergeetlike vertoning genaamd Die Vyftigers – ’n musikale viering van die lewe, taal, stories, en tyd.
Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal – vier unieke stemme in die Afrikaanse musieklandskap – klim saam op een verhoog om hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeu lange reis te eerbiedig. Dis ’n produksie wat eerlik, rou en reguit is – vol liriek, lag, melodie en menswees.
Die ontstaan van Die Vyftigers, het begin tussen die appelboorde van Grabouw, by Gian Groen se 50ste verjaarsdagpartytjie. Tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn, het Neil Sandilands die lig gesien: vier musikale vriende, almal besig om die 50 mylpaal te takseer, in dieselfde jaar wat Afrikaans 100 jaar oud word. Dié kreatiewe toeval kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie en met net een oproep na elkeen, was almal aan boord. So word DIE VYFTIGERS gebore – ’n unieke kruispunt tussen taal en tyd.
Elke kunstenaar bring sy eie storie, instrument en kleur na die verhoog en tussen hul vier loopbane is daar meer as 200 jaar se kreatiewe gravitas – elke noot en elke sin deurdrenk met betekenis.
Gian Groen
Bekend vir ‘Vier Seisoene Kind’, bring sy kenmerkende vingerkitaarstyl en rou stem.
Schalk Joubert
Met dekades se invloed in die musiekbedryf, dien met sy baskitaar as musikale anker en ritmiese gom.
Abel Kraamsaal
Terug op die verhoog na jare in die korporatiewe wêreld, en honger vir die verhoog, bied vars insigte en kragtige lirieke.
Neil Sandilands
Die hofnar en visuele impresario, verbind die produksie met humor, sinisme en teaterflair.

Die Vyftigers is nie net ’n musiekvertoning nie – dis ’n viering. Aan die hand van liedjies uit elk se repertoire, asook nuwe skeppings wat spesifiek vir hierdie produksie ontwikkel is, neem die kunstenaars gehore op ’n reis deur persoonlike stories, taalgeskiedenis en tydlose klanke. Die vertoning is ten volle in Afrikaans – ’n danksegging aan die taal wat dit alles moontlik maak. Of jy nou ’n aanhanger is van Afrikaanse musiek, die kunstenaars self, of eenvoudig op soek is na iets eg, diep en vermaaklik – hierdie vertoning is ’n moet-sien!
“Wat kry jy as jy vier duidelike persoonlikhede op een verhoog sit, wat elk ’n instrument bespeel, ’n ordentlike liriek kan pen en derms het wat brand? Sprankel ’n aweregse Afrikaanse woordeskat, sprinkel ’n titsel selfnegerende humorsin, ’n spatsel witblits, ’n slurpie Boere Zen en ’n draggie 50 jaar oue hardehout. Daar het jy dit. Die resep vir ’n aand se eersteklas vermaak: ‘Die Vyftigers’. Amper soos Trompie en die Boksombende. As ek dan nou Trompie is, en Gian is Rooies, Abel is Dawie, Briers Coetzee (ons klankingenieur wat ook kan Cajon speel) is Blikkies, dan is Schalk mos Boesman die brak.” – Só sê Neil Sandilands.
Moenie dit misloop nie – een jaar, een taal, vier verjaarsdae, een verhoog. ’n Seldsame belyning van sterre, musiek en moedertaal. ’n Kultuurgebeurtenis.
Kaartjies is BEPERK – wees deel van ons geskiedenis.
Bespreek jou sitplek vir Die Vyftigers:
Datum: Donderdag, 10 Julie 2025
Plek: Die Koelkamers, Paternoster
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersKoelkamers
Datum: Vrydag, 11 Julie 2025
Plek: Daisy Jones Bar, Stellenbosch
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersDaisyJonesBar
Datum: Saterdag, 12 Julie 2025
Plek: Die Boer, Durbanville
Kaartjies: UITVERKOOP
Datum: Sondag, 13 Julie 2025
Plek: The Drama Factory, Strand
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersDramaFactory
Datum: Donderdag, 31 Julie 2025
Plek: The Music Kitchen, Gqeberha
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersMusicKitchen
Datum: Vrydag, 1 Augustus 2025
Plek: The Music Kitchen, Gqeberha
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersMusicKitchen2
Datum: Saterdag, 2 Augustus 2025
Plek: St Francis Brewing, St Francisbaai
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersStFrancisBrewing
Datum: Sondag, 3 Augustus 2025
Plek: Fancourt, George
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersFancourt
Datum: Vrydag, 8 Augustus 2025
Plek: Reed Valley, Mosselbaai
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersReedValley
Datum: Saterdag, 9 Augustus 2025
Plek: Kalfiefees, Hermanus
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersKalfiefees
Datum: Sondag, 10 Augustus 2025
Plek: The Alma Cafe, Kaapstad
Kaartjies: bookings@almacafe.co.za
Datum: Woensdag, 20 Augustus 2025
Plek: Cafe Barcelona, Colbyn Pretoria
Kaartjies: info@cafebarcelona.co.za / WhatsApp 082 458 9342
Datum: Donderdag, 21 Augustus 2025
Plek: Afriforum Teater, Pretoria
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersAfriforumTeater
Datum: Vrydag, 22 Augustus 2025
Plek: Afriforum Teater, Pretoria
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersAfriforumTeater
Datum: Donderdag, 18 September 2025
Plek: Aasvoëlklub, Bloemfontein
Kaartjies: WhatsApp 084 559 8991 / vultureclubevents@gmail.com
Datum: Vrydag, 19 September 2025
Plek: Melkkan, Welkom
Kaartjies: Whatsapp 084 517 4699 / silevera@gmail.com
Datum: Saturdag, 20 September 2025
Plek: Lake Umuzi Fees, Secunda
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersLakeUmuziFees
Datum: Sondag, 21 September 2025
Plek: Pierneefteater, Pretoria
Kaartjies: WhatsApp 0724605568 / info@pierneefteater.co.za
Datum: Woensdag, 24 September 2025
Plek: Ettienne Rosseau Teater, Sasolburg
Kaartjies: https://ertickets.com
Datum: Donderdag, 25 September 2025
Plek: Yoons, Witrivier
Kaartjies: 063 478 6846 / info@yoonseatery.co.za / www.yoonseatery.co.za
Datum: Vrydag, 26 September 2025
Plek: Centurion Teater, Pretoria
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersCenturionTeater
Datum: Saturdag, 27 September 2025
Plek: Loopstraat, Potchefstroom
Kaartjies: WhatsApp 082 571 8557 / looptherestaurant@gmail.com
Datum: Sondag, 28 September 2025
Plek: Matinee, Centurion Teater, Pretoria
Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersCenturionTeater
Vervaardig Deur: Neil Sandilands
Musikale regie: Schalk Joubert
Teks: Neil Sandilands, Gian Groen, Abel Kraamsaal, Schalk Joubert








