Persverklaring
Skryfnet het ʼn verskeidenheid kursusse wat jou skryfdrome kan waar maak, ongeag of jy wil liedjies, boeke of nuusberigte skryf.
Bespreek nou jou plek en gee jou passie vlerke!
Skryf soos ’n joernalis
Die kursus fokus op die basiese kennis en vaardighede van joernalistieke skryfwerk, soos:
▪ Waar kry ek ʼn goeie storie?
▪ Hoe gebruik ek bronne?
▪ Hoe voer ek ʼn onderhoud?
▪ Watter inligting moet in my storie wees?
▪ Wat is die struktuur van ʼn goeie nuusstorie?
▪ Hoe kan ek ʼn storie met foto’s vertel?
▪ Hoe kan ek ʼn storie met klank vertel?
▪ Hoe kan ek op ʼn etiese wyse vir die media skryf?
Die kursus is ontwikkel deur Maroela Media se joernaliste in samewerking met joernalistiekdosente by Akademia en word aangebied deur Landi Slatter, ʼn vryskutjoernalis en dosent by Akademia wat voorheen vir Maroela Media en Rapport geskryf het.
Dié toeganklike tien week lange kursus is gemik op beginners wat belangstel in joernalistiek én diegene wat reeds by gemeenskapsmedia, gemeentenuusbriewe, skoolkoerante of plaaslike radiostasies betrokke is.
Skryf soos ʼn joernalis begin op 19 Mei 2025 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af en eindig op 28 Julie 2025. Dit kos R4 300.
Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal jy ʼn e-pos ontvang met inligting oor die intekenbesonderhede vir die aanlyn leerplatform.
Vir meer inligting oor die kursus, besoek ook Skryfnet se webwerf, kontak Annelien van Basten by annelien@skryfnet.co.za, of volg ons op Facebook en Instagram.
Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.







