Velsorgflaters
Jy was getrou jou gesig en smeer room aan en tog sukkel jy met velprobleme, soos ’n droë of olierige vel, plooie en so meer.
Wat doen jy verkeerd?
Hier is so paar redes:
- Jy gebruik produkte wat nie by jou veltipe pas nie. Jou vel is olierig, dus moet jy ligte produkte gebruik, of jou vel is droog – gebruik dan produkte wat jou vel hidreer.
- Ongesonde leefstyl. Wat jy eet en drink kan ‘n groot verskil aan jou vel – net nog ‘n orgaan – maak. Jou vel reflekteer die toestand van jou liggaam.
- Jou velsorgroetine is nie voldoende nie. Grimeerlappies om jou grimering te verwyder is nie genoeg nie. Seep is ook nie goed genoeg nie. Velreinigers is beter. Juis omdat seep die vel se natuurlike suurlagie versteur en die vel dus kan irriteer.
- Sonblok – om dit een keer per dag te gebruik, is nie genoeg nie. Jy moet probeer om dit elke twee ure of so aan te smeer.
- Velsorgprodukte is nie towermiddels nie. Hoewel dit jou vel se voorkoms verbeter, kan dit nie die tekens van veroudering wegneem nie. Daarvoor het ons gesigsontrimpelings en botoks.
- Waak maar teen selfgemaakte produkte soos suurlemoensap, asyn, sout- en suikerafskilferaars en so meer. Dit kan meer skade as goed doen.
- Gereelde en langdurige gebruik van ‘n spesifieke produk is nodig om werklike resultate te sien. Gee die produk tyd om sy werk te doen.
Bron: Which skincare mistakes do you think people are making daily without realising?