‘n Persoon wat slaapapnee kry, bereik nooit die REM-slaapvlak nie – (“rapid eye movement”) dit is wanneer mens diep slaap en dikwels droom. So ‘n persoon snork algaande harder voordat die asemhaling ‘n tyd lank ophou voordat hy weer met ‘n harde gesnork begin asemhaal. Indien ‘n persoon vyf of meer keer per uur ophou asemhaal, is dit waarskynlik slaapapnee en is dit nodig om jou dokter te raadpleeg.
Iemand met slaapapnee kan onder andere ly aan:
- Chroniese moegheid, want hy rus nooit uit nie.
- Swak konsentrasie en geheueverlies.
- Slaperigheid en raak gereeld gedurende die dag aan die slaap.
- Depressie.
- Diabetes wat deur slaapapnee kan ontstaan.
- ‘n Toename van die prosesse wat skade aan die bloedvate veroorsaak. So ‘n persoon is meer geneig om ‘n hartaanval of beroerte te kry, het dikwels ‘n onreëlmatige hartklop, en kan ‘n verlies van seksuele funksie ondervind.
Hoe lyk die tipiese persoon wat slaapapnee het?
- Hy snork.
- Het ‘n dik nek (nekomtrek van meer as 42 cm)
- Het ‘n klein onderkaak.
- Sukkel om gewig te verloor.
- Het swak kontrole van diabetes en hoë bloeddruk.
Slaapapnee kan nie met enige medisyne behandel word nie. ‘n Diagnose kan gemaak word deur ‘n slaapstudie wat met ‘n polisomnografie (C-PAP-masjientjie) bevestig word. Raadpleeg jou dokter om jou te verwys na die regte persoon.
Die volgende kan wel help:
- Verloor gewig.
- Slaap op jou sy en nie op jou rug nie.
- Vermy alkohol, slaappille en enige dwelmmiddels.
- Oefening wat die nek- en keelspiere versterk (sien lees meer hier onder), asook vinnig stap of draf.
Lees meer oor hierdie onderwerp in dr Retief se blogs soos gelys in die bronne hierna.
Slaapapnee – Dokter Francois Retief se Blog; Slaapapnee: Praktiese Inligting – Dokter Francois Retief se Blog.
Lees ook: Slaapapnee: Oefen jou keelspiere