- Hipertensie of hoë bloeddruk wat nie behandel word nie, is een van die risikofaktore vir beroertes, hartaanvallle en arteriële aneurismes en kan ook chroniese nierversaking en aantasting van die bloedvaatjies agter in die oog (wat tot blindheid kan lei) tot gevolg hê. Dit word veroorsaak deur ’n genetiese geneigdheid en lewenstyl.
- Hipertensie is onomkeerbaar, maar kan suksesvol bestuur word om die nadelige gevolge te verminder. Let dus op jou stresvlakke, te veel sout in kos, te min kalium- en kalsiuminname, te min slaap en ’n gebrek aan fisieke oefening. Dit kom ook dikwels in kombinasie voor met ander toestande soos diabetes, hoë cholesterol, niersiektes en vetsug.
- Eet gesond en gebalanseerd en oefen gereeld – ten minste 30 minute per dag (stap, trap oefenfiets, oefen met handgewigte, ens.). Dit maak jou nie net fiks nie, maar help ook met gewigsverlies veral vet om die middel, indien nodig.
- Moenie rook nie, want rook veroorsaak die vernouing van bloedvate. Oormatige inname van alkohol moet ook vermy word.
- Bloeddruk van gesonde mense wissel deur die dag, daarom is een hoë bloeddruklesing nie voldoende om hipertensie te diagnoseer nie. Indien hipertensie wel deur jou dokter gediagnoseer word, is medikasie onder streng toesig noodsaaklik en moet jou bloeddruk, cholesterol- en bloedsuikervlakke ook gereeld getoets word.
Lees meer oor hipertensie hier: Hipertensie (Hoë bloeddruk) – Dokter Francois Retief se Blog (dokfrancois.co.za) en hier: Blog – Hipertensie | Medihelp