Nuwe jaar, nuwe skooljaar … so, dit vra vir nuwe idees vir jou gesin se kosblikke! Ons het met Heleen Meyer gesels om te hoor wat al haar planne vir haar gesin se kosblikke is.
- Hou die gesin se kosblikke GEBALANSEERD, met iets uit elke voedselgroep. Onthou, dit moet VOEDSAAM & VULLEND wees.
- Maak dit KLEURVOL – onthou haar sê-ding: ‘eet die reënboog’ en koop dit wat in SEISOEN is.
- Pak ’n PROTEïEN van jou keuse, met vars elemente, soos slaaigoed of vrugte. Proteïen is belangrik, want dis vullend en sal jou langer vol hou.
- Gebruik gisteraand se AANDETE as beginpunt vir die kosblik. ’n Proteïen soos, bv viskoekies, stukkies wors, frikkadelle, hoenderporsies, of slaai met oorskiethoender of -vleis, is ’n baie goeie basis.
- Pak aparte elemente in KLEINER HOUERS soos nodig, sodat alles vars en aptytlik bly. As alles deurmekaar geval het, is niemand lus daarvoor nie.
- Pak vir KLEINER KINDERS slaai-elemente en stukkies vleis apart, as hulle byvoorbeeld nog nie ’n gemengde slaai wil eet nie.
- Berei ’n hoeveelheid TUISGEMAAKTE HUMMUS en gebruik dit op verskillende maniere in kosblikke. Dis ’n goeie bron van plantaardige proteïne. Smeer dit op toebroodjies, gebruik dit as doopsous met groenterepies, frikkadelle, repies oorskiet-hoender of stukkies wors. Of smeer dit op ’n wrap en vul met slaaibestanddele en oorskietvleis.
Foto: @Adel Ferreira Photography (FB)/@adel_ferreira (IG)
Hier is die RESEPSKAKEL: https://afrikaans.com/2022/11/29/hummus-hoemoes-heleen-meyer/
WENK: Gebruik die resep vir Geroosterde kekerertjies wat ons in Augustus op die blad gedeel het, om bo-op die hummus voor te sit, soos op die foto. Dis ekstra lekker om dit so vir ’n spesiale geleentheid as peuselhappie of deel van ’n al fresco ete voor te sit.