1. Elke sel in jou liggaam het vetsure nodig waarvan die poli-onversadigde omega 3 (en omega 6) voorbeelde is. Dit is veral voordelig vir die oë en brein, maar dit is ook belangrik vir jou spiere, jou immuunstelsel, spysvertering en vrugbaarheid.
2. Omega 3 bestaan nie net uit een soort vet nie, maar is ’n groep verskillende soorte vette (ALA, DHA en EPA), wat ’n beduidende rol in gesonde breinontwikkeling by babas speel en tot ’n gesonde senuweestelsel bydra. Dit word dan ook die essensiële vetsure genoem.
3. Omega 3 hou anti-inflammatoriese voordele in en mense wat dié vette inneem, se hartgesondheid kan verbeter, daarom is dieet belangrik.
- Dit kan daartoe bydra dat die aanpak van plaak in die are vertraag word wat die moontlikheid van hartaanvalle en beroertes kan verlaag.
- Goeie plaasvervangers vir omega 3 in jou dieet is onder andere makriel, salm, vars tuna, sardientjies en oesters.
- Omega 6 kry jy in sonneblom, avokado en rou pampoensade.
- Die balans tussen die inname van omega 3- en omega 6-vetsure is belangrik en die hoeveelheid omega-3 wat ‘n mens moet inneem, word beïnvloed deur die hoeveelheid omega 6 wat ingeneem word.
- Die hoeveelheid vetsure wat jy moet inneem word deur jou geslag en ouderdom bepaal. Die Wêreld- Gesondheidsorganisasie se aanbeveling vir gesonde volwassenes daagliks, is 250 – 500 mg (kombinasie van DHA en EPA).
4. Te veel omega 6 affekteer die absorpsie van omega 3 en kan die voordele van omega 3 in die liggaam beïnvloed. Hou ook in gedagte dat ons diëte dikwels ’n tekort hieraan het en dat aanvullers aanbeveel word as jy nie gebalanseerd eet en genoeg van die regte kossoorte inneem nie.
5. ’n Wanbalans tussen omega 3 en omega 6 kan onder andere lei tot: chroniese inflammasie, diabetes, obesiteit, metaboliese sindroom, vetterige lewer, asma, kardiovaskulêre siektes en psigiatriese toestande soos depressie, angs, sekere simptome van aandaggebrek- en hiperaktiwiteitsindroom, Alzheimers en demensie.
Lees meer hieroor: Die “ABC” van Omegas! – La Ferm
Vrywaring: Hierdie kort brokkies en bronverwysings is slegs ter inligting en bewusmaking en is nie bedoel om die rol van ’n mediese praktisyn of dieetkundige te vervang nie. Dit is ook geensins deur ’n professionele kundige geverifieer nie. Raadpleeg ALTYD jou mediese praktisyn of gesondheidsorgkundige vir ’n behoorlike evaluasie en indien nodig, medikasie/aanvullings.