Anton Goosen se nuwe musiekvideo roer harte reg oor die land
MEDIAVERKLARING 11 NOVEMBER 2024 LUKA, wat “lig” of “draer van lig” beteken in verskeie Slawiese tale is ’n strelende akoestiese ballade in ’n 6/8-walsgenre, uit Goosen se eie pen, wat die vreugde en hoop beliggaam wat saam met ’n nuwe lewe kom. Dit gaan oor nuwe lewe en hoop in ‘n dapper nuwe veranderende wêreld.…