Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Dermkanaal: 5 redes hoekom dermkanaalgesondheid (“gut health”) so belangrik is
- Bakterieë in die dermkanaal (sg. Dermflora/“gut flora”) speel ’n baie belangrike rol in die liggaam en is onder andere verantwoordelik vir die vervaardiging van serotonien wat gemoed affekteer. Behalwe vir geestesprobleme, kan probleme met jou ingewande gesondheidskomplikasies, soos prikkelbaredermsindroom, inhou.
- Die dermkanaal word dikwels “die tweede brein” genoem en die uitwerking wat ons dermkanaalgesondheid op ons gevoelens en gemoed kan hê, word dikwels misgekyk.
- Om die optimale balans van bakterieë in die dermkanaal te handhaaf, moet jy voedselsoorte hoog in prebiotika, probiotika en polifenole by jou dieet insluit.
- Prebiotika is baie plantgebaseerde kos, soos piesangs, neute, hawer, knoffel en sekere bone.
- Probiotika is lewende organismes wat uit bakterieë en gis bestaan. Gefermenteerde kosse soos jogurt, kombucha, kefir, sauerkraut (suurkool), kimchi en tempeh is nuttig.
- Polifenole is verbindings in sekere plantgebaseerde voedsel en kan nie deur die mens se liggaam verteer word nie, maar bevorder wel die groei van voordelige bakterieë. Voorbeelde: amandels, uie, bloubessies en broccoli.
- Voeg hierby probiotiese vesel te kry in onder andere aspersies, piesangs, knoffel en heelgraan.
- Eet minder suiker en versoeters, want ’n oormaat veroorsaak ’n wanbalans in die mikrobes in die dermkanaal.
- Versoeters soos bv. aspartame, kan lei tot metaboliese siektes, soos diabetes en hartsiekte.
- Versoeters kan ook die bloedglukosevlakke negatief beïnvloed en bloedsuikervlakke kan dus verhoog.
- Bestuur jou stresvlakke. ’n Verskeidenheid stressors kan die gesondheid van die dermkanaal affekteer, onder andere sielkundige stres, omgewingstres (uiterste hitte, koue of geraas) en te min slaap.
- Die volgende tegnieke/raad kan help: mediteer, asemhalingsoefeninge, porgressiewe spierontspanning, gereelde oefening, goeie nagrus en ’n gesonde dieet.
Lees meer hieroor: 7 Maklike Wenke vir Beter Dermkanaal Gesondheid – Manna Health (mannaplus.co.za) EN ’n Gastroenteroloog se 12 beste wenke vir dermgesondheid – stylvol.co.za