Samesteller: Annelie van Jaarsveldt
Velsorgwenke vir tieners
- Was jou gesig elke dag ten minste een keer, maar hou jou velsorgroetine eenvoudig. ’n Somatoloog of dermatoloog kan die regte gesigseep aanbeveel.
- Smeer ’n bevogtiger en sonskerm (met hoë SPF) aan – elke dag en veral as jy tyd buite gaan spandeer. Die bevogtiger hou jou vel gehidreer en die sonskerm beskerm jou vel teen skadelike UV-strale.
- Vermy ’n gesigskrop veral as jy aknee of ’n sensitiewe vel het. Jou vel moet sagkens hanteer word en so ’n skrop (scrub) kan meer skade as goed doen.
- Eet ’n gebalanseerde dieet ryk aan vrugte, groente en water om jou vel van binne af te voed.
- Verwyder swaar grimering voordat jy oefen, maar dit is veral belangrik om jou gesig te was nadat jy geoefen het. Grimeerlappies of micellar-water en watte is gerieflik om ooggrimering en onderlaag te verwyder.
Lees meer oor tienervelsorg hier: