Persverklaring
Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Niamh Beatrix Smith, wie se liefde vir Afrikaanse musiek sterk groei, het gehelp om treffers soos Klein Tambotieboom, ‘n liedjie deur die gewilde Afrikaanse rockgroep Die Heuwels Fantasties, in Ierland bekend te stel.
Die 13-jarige Niamh het onlangs haar debuut- Engelse enkelsnit Irish Lad vrygestel en is besig om musiekgrense af te breek. Die liedjie, wat sy self geskryf en gekomponeer het, word op talle nasionale Ierse radiostasies gespeel.
In nog opwindende nuus werk Hunter Kennedy, die skrywer van Klein Tambotieboom, en Niamh tans aan ‘n spesiale Afrikaanse liedjie wat hy vir haar geskryf het. Hierdie nuwe Afrikaanse enkelsnit word later vanjaar vrygestel en beloof om Niamh se liefde vir die taal en kultuur verder te bevorder.
Met haar veelsydige talent en liefde vir beide Afrikaanse en Ierse musiek, maak Niamh groot golwe op beide fronte, en ons sien uit na nog meer sukses van hierdie opkomende ster!
Kyk die video van Irish Lad hier: