Saamgestel deur Annelie van Jaarsveldt
- Studies toon ’n verband tussen ’n oormaat suiker en insulienweerstandigheid. Insulien verleen glukose toegang tot selle, maar as die hormoon ophou werk, raak die selle weerstandig en suiker hoop in die bloed op. Dit is insulienweerstandigheid en speel ’n rol by die ontwikkeling van verskillende toestande, soos vetsug, hartvatsiektes en diabetes tipe 2.
- ’n Hoë inname van suiker en verfynde koolhidrate kan gekoppel word aan ’n groter risiko vir sommige kankersoorte.
- Te veel suiker maak jou moeg. Verfynde koolhidrate soos versoete koeldrank, witbrood, en kitsgraankos kan jou bloedsuikervlakke vinnig laat styg wat jou aanvanklik energiek laat voel, maar vinnig oorskakel na traagheid en moegheid. Eet liewer onverfynde koolhidrate soos kekerertjies, lensies, vars vrugte, neute en avocado om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer.
- As jy te veel suiker inneem, lyk jy sommer vinnig oud en plooierig. Jou vel verloor sy elastisiteit omdat ’n oormaat suiker inmeng met die herstel van kollageen wat jou vel plomper laat voorkom.
- Te veel suiker kan jou geheue aantas en jou hippokampus – daardie deel van die brein wat verantwoordelik is vir leer en geheue – laat krimp.
Lees meer oor die nadele van suiker hier: SUIKER: Dís wat dit aan jou doen | Sarie (netwerk24.com)