Wat beteken hierdie idiome?

Tuis 5 Weet dit 5 Taalnuus 5 Wat beteken hierdie idiome?
Wat beteken hierdie idiome?

Ons almal weet wat dit beteken as die appel nie te ver van die boom af val nie. Of om nie ’n gegewe perd in die bek te kyk nie. Maar hierdie idiome mag jou dalk ’n bietjie dieper laat dink.

Idiome
Wors in ’n hondehok soek

Antwoord: Iets tevergeefs doen

Idiome
‘n Gebraaide hoender vlieg niemand in die mond nie

Antwoord: ‘n Mens moet jou inspan om iets te kry / Sonder inspanning kry jy niks

Idiome
Iemand het gebeklek en gestertswaai

Antwoord: Iemand het probeer om deur vleiery in iemand se guns te kom

Idiome
Iemand het baie letters geëet

Antwoord: Iemand is baie geleerd

Idiome
Iemand iets in die oor blaas

Antwoord: Iemand iets vertrouliks vertel

Idiome
Te groot vir ‘n servet en te klein vir ‘n tafeldoek

Antwoord: Nie meer ’n kind nie, maar ook nie tuis as ’n volwassene nie

Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom deur Anton F. Prinsloo. 2004. Pharos

by | Aug 13, 2024 | Taalnuus, Weet dit

Deel hierdie plasing