Skrywer: NB Uitgewers-nuusbrief
PharosAanlyn is ’n versameling van 45 aanlyn algemene woordeboeke, skoolwoordeboeke, vakwoordeboeke en stylgidse. Dit is ’n omvattende naslaanbron vir almal wat effektief in Afrikaans, Engels en Afrikatale wil kommunikeer, met ’n pasgemaakte skoleaanbod vir onderwysers en leerders. Die versameling word deurlopend aangevul wanneer nuwe titels in druk verskyn. Die skolepakket bied aan onderwysers en leerders toegang tot geselekteerde algemene en skoolwoordeboeke in al elf geskrewe amptelike tale, waaronder die Tesourus van Afrikaans, Spreekwoorde en ander segswyses, Afrikaans vir Almal, English for All, Sinonieme en verwante woorde en die Multilingual Dictionary.
PharosAanlyn is teen ’n jaarlikse intekenfooi beskikbaar. Daar is verskeie intekenopsies, byvoorbeeld vir ’n enkelgebruiker, spesiale pakkette vir skole en tersiêre instansies, en vir maatskappye wat hul werknemers toegang tot woordeboeke wil gee.
PharosAanlyn kan op enige plek in die wêreld gebruik word, solank die gebruiker internettoegang en ’n geldige PharosAanlyn-intekening het.
Die nuutste toevoeging tot PharosAanlyn se algemene én skolepakket is die Pharos Senior tweetalige skoolwoordeboek. Skole kan teen ’n jaarlikse intekenfooi toegang tot die skoolpakket kry. Dit bied aan onderwysers en leerders toegang tot 14 woordeboeke, waaronder die splinternuwe Pharos Senior tweetalige skoolwoordeboek. Hierdie woordeboek, spesiaal saamgestel vir die VOO-fase, bevat baie meer soekwoorde, betekenisonderskeidings, frases en konteksleiding as die woordeboeke vir die laer grade. Die Pharos Senior tweetalige skoolwoordeboek is geskik vir moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels, asook vir leerders wat Afrikaans en Engels as eerste addisionele taal aanleer. Dit is die enigste tweetalige skoolwoordeboek wat spesifiek vir leerders in graad 10 tot 12 saamgestel is. Die woordeboek is gemik op die Suid-Afrikaanse mark, en leenwoorde uit ons plaaslike tale kan hier nageslaan word, met Suid-Afrikaanse vertalings en gebruiks-voorbeelde.
Skole kan ook apart inteken op drie bykomende naslaanbronne – Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, Skryf Afrikaans van A tot Z en Pharos Afrikaansgids (spesiaal saamgestel vir hoërskoolleerders).
PharosAanlyn-woordeboeke kan ook gratis op die proef gestel word vir 14 dae. Meld aan by www.pharosaanlyn.co.za en kies die opsie bo-aan “Begin gratis proefloop”.
Geen voorafbetaling word vereis nie.
Volg hierdie skakel vir inligting oor al PharosAanlyn se intekenopsies, asook die opsie om PharosAanlyn gratis vir 14 dae te gebruik:
https://www.pharosaanlyn.co.za/teken-in.