Tiende FAK Internasionale Afrikaans-ekspo 2024

Tuis 5 Weet dit 5 Taalnuus 5 Tiende FAK Internasionale Afrikaans-ekspo 2024
FAK

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt

Inskrywings vir vanjaar se Internasionale Afrikaans-ekspo is oop.

Hierdie ekspo is gemik op leerders en studente se kreatiewe hantering van Afrikaans. Die hoofdoel: Die bewaring, bevordering en uitbou van Afrikaans.

Enige persoon regoor die wêreld vanaf graad R tot en met 25 jaar oud wat Afrikaans praat of ‘n liefde vir die taal het, kan deelneem. Dit sluit alle moedertaal en niemoedertaalsprekers in.

 


 

Sperdatums

Alle inskrywings moet teen 29 Julie 2024 by die FAK-kantoor in Pretoria wees, hetsy dit gekoerier of ge-e-pos word of aanlyn ingeskryf word. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.

Kunswerke by Kaap-kantoor en Udolpho – 15 Julie 2024

Kunswerke in Pretoria – 22 Julie 2024

 


 

Vanjaar se tema:

2024 se tema is TOEKOMS.

Opdrag: Skets ‘n toekoms (jou drome en visie) met jou verfkwas, kamera, pen of woorde.

 


 

Elke inskrywing moet van ‘n volledig ingevulde inskrywingsvorm vergesel word. Gaan kyk by https://projekte.co.za/ekspo/ en in die handleiding by Afrikaans-Ekspo-Handleiding-2024.pdf (projekte.co.za) vir reëls, hoe om in te skryf, die verskillende kategorieë soos opgedeel in onderskeie grade, sperdatums, beoordeling en so meer.

Wenners word op 4 Oktober op sosiale media bekendgemaak.

Pryse:

  • Elke deelnemer ontvang ‘n digitale deelnamesertifikaat.
  • Kategoriewenners ontvang boekpryse, gedrukte sertifikate en ‘n knopie.
  • Algehele wenners ontvang geskenkbewyse, gedrukte sertifikate en ‘n knopie.

Algehele wenners se finale punt moet ‘n minimum van 90% wees.

Prysgeld:

  • Graad R tot graad 2 – R300
  • Graad 3 tot graad 5 – R300
  • Graad 6 tot graad 7 – R300
  • Graad 8 tot graad 9 – R500
  • Graad 10 tot graad 12 – R750
  • Naskools tot en met 25 jaar – R1 000
  • Die laerskool en hoërskool met die meeste inskrywings en volgens die bepaalde voorwaardes, wen R5 000 elk.

Navrae:

Chrisna Nel/Lieandri Ackermann by ekspo@fak.org.za

by | Mei 22, 2024 | Taalnuus, Weet dit

Deel hierdie plasing