Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Die ervare Afrikaansonderwyser en dramakenner, Tanya Viviers, het hierdie bundel met elf splinternuwe dramas saamgestel.
Tieners en hulle smagting na aanvaarding binne die samelewing, vorm die goue draad deur die bundel.
“Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as ’n ‘reis na nêrens’ in sy bydrae. In ‘Reënblom’ word vertel van die Namamense wat smag na reën, en weer kan lag en sing omdat ’n kind vir die ouer mense uitkoms gee.”
Temas wat aangeraak word, is onder andere vriendskap, boeliegedrag, konflik in die gesin en die soeke na identiteit. Die volksverhaal oor die Nama-mense en ’n sprokie in dramavorm oor ’n magiese koei, dra by tot die verskeidenheid van die bundel.
Bekende skrywers wat tot hierdie bundel bygedra het, is: Fanie Viljoen, De Wet Hugo, Jaco Jacobs, Ilze Tulleken, Suria Vos, Deidré Jantjies, Kanya Viljoen, Luan Jacobs en Constant van Graan.
Die bundel is geskik vir graad 7-9 Afrikaans Huistaal, asook graad 10 en 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Meer inligting: https://ow.ly/ojlk50QZsX4
Beskikbaar by goeie boekwinkels en aanlyn.
ISBN: 9781776074068
Uitgewer: Best Books (NB Uitgewers)
Lees ’n uittreksel hier – NB Uitgewers | Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole