Maak ʼn koppie koffie en luister ʼn storie
Skrywer: Alita Steenkamp ’n Heerlike projek wat in Februariemaand op LitNet afgeskop het, is die Luisterverhale waarna enigeen aanlyn kan luister. Hierdie projek is ʼn saamwerkpoging tussen Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees en LitNet. Dit word deur die Dagbreek Trust moontlik gemaak. Van die room van ons land se kortverhaalskrywers se werke word deur…