Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Die belangrikheid van vroeëkinderontwikkeling kan nie genoeg beklemtoon word nie. ’n Kind wat ’n VKO-skool bywoon, word voorberei vir hulle formele skoolloopbaan om uiteindelik leersukses te behaal. So ’n kind het ’n voorsprong, juis omdat hulle van kleins af gestimuleer en opgevoed word om die basiese vaardighede wat nodig is om suksesvol te leer, onder die knie te kry. Vroeëkinderontwikkeling dra by tot die kind se kognitiewe vermoëns, maar belangriker nog, dit dra by tot die kind se emosionele en sosiale vaardighede.
Kom kuier saam
Dames, trek julle mooiste uitrustings aan en menere, sit julle strikdasse aan en kom geniet ’n heerlike saamkuier en bederfoggend saam met die SAOU en die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) – ’n organisasie wat veral fokus op vroeëkinderontwikkelingsprogramme.
Kundiges op die gebied van vroeëkinderontwikkeling gaan jou opnuut inspireer om met hernude ywer jou deel te doen om ons kinders van 3 tot 9 jaar vlerke te gee.
Wanneer: 25 Mei 2024
Waar: Afrikaanse Hoër Seunskool
Tyd: 07:45 – 13:00
Koste: R200 vir SAOU-lede en R350 vir nie-lede
Registreer aanlyn hier.