Verbeel jou: Jou huis woel met die bekende chaos van die gesinslewe. Skedules bots, huiswerk het aandag nodig, en buitemuurse aktiwiteite woerts verby en verdwyn in die niet. Te midde van hierdie warrelwind van bedrywighede, is daar skielik konflik, stemme word verhef, humeure ontplof. Hoe nou gemaak as ouer om hierdie konflik te navigeer en te verander in meer as net nog ’n magstryd? Heidi Malan het raad.
Belangrikste kwessies en slaggate:
- Vasgevang in die slagyster van mag: Ons versuim dikwels om magsdinamika binne gesinsverband in ag te neem, wat dan kan lei tot wrokkigheid, frustrasie en verlore geleenthede vir groei. Omdat ons kinders voel dat hulle nie verstaan en gehoor word nie, gaan soek hul dikwels bevestiging van hul gevoelens elders.
- Meer as onbevredigende kompromieë: Tradisionele metodes soos om iets te beding of om in te gee en gods water oor gods akker te laat loop, kan dieper kwessies verskans en daartoe lei dat die kernoorsaak van die konflik nie behoorlik ondersoek en hanteer word nie.
Die weg na wedersydse respek:
In dié geval word empatie, oop kommunikasie en om aktief te luister, geprioritiseer. In plaas daarvan om oplossings voor te skryf, lei ouers hul kinders deur ‘n proses van selfontdekking en word daar saam na oplossings vir probleme gesoek.
Die voordele:
- Sterker gesinsbande: Na gelang kinders leer om hul gevoelens met eerlikheid en die nodige respek te verwoord, verdiep gesinsbande deur wedersydse begrip en vertroue.
- Bemagtigde kinders, individue met selfvertroue: Om selfwaarde en kommunikasievaardighede binne gesinsverband te vestig, berei kinders voor vir gesonde verhoudings buite die ouerhuis.
- Konflik = Die weg na groei: Wanneer ons onenigheid as geleenthede vir leer en om by mekaar aanklank te vind, beskou, ontstaan daar veerkragtigheid binne die gesin en word ‘n omgewing van oop dialoog gekoester.
Skep ’n spasie van wedersydse koestering:
Om so ’n omgewing te skep, moet die kenmerke om aanwesig en in voeling te wees sonder verdeeldheid binne gesinsverband, vergestalt word. Ons raak aktiewe deelnemers om ‘n veilige hawe te skep waar elke stem saakmaak en konflik met begrip en deernis hanteer word.
Raak deel van die reis:
Ouerskap is ‘n reis gevul met vreugde en uitdagings. Ons moet ons dus begewe op die weg van ware verbintenis, om sodoende ‘n tuiste te skep waar liefde, empatie en wedersydse respek floreer. Soos wat ons leer om konflik saam te navigeer, bewerkstellig ons nie net harmonie en samehorigheid binne die gesin nie, maar ons ontwikkel ook sterk, veerkragtige individue wat gereed is om die wêreld met selfvertroue en deernis aan te durf.
Gaan lees meer oor Parent & Educational Training se ouerskapkursus hier https://www.parents.co.za/parent-training
*Hierdie blog deur Heidi Malan van die maatskappy Parent & Educational Training, het oorspronklik in Engels op hulle webtuiste verskyn. Afrikaans.com plaas die bloginskrywing in Afrikaans met spesiale vergunning.
Heidi Malan is die stigter en direkteur van Parent & Educational Training (Pty) Ltd. ‘n Maatskappy wat persoonlike en professionele ontwikkelings- en kommunikasieprogramme aanbied. Heidi het meer as 20 jaar ervaring in die aanbied van die Doeltreffende Ouerskapleiding-kursus – spesifiek op ouers van toepassing.
