Vakansies is familietyd en met die gewoel en gewerskaf en saamkuier met vriende en die uitgebreide familie, is dit maklik om so besig te word dat jy vergeet om gehaltetyd saam met jou kinders deur te bring.
Die feesseisoen is ’n heerlike tyd om saam met familie deur te bring, maar dit kan ook stresvol wees. Die kinders is by die huis en jy probeer werk gedoen te kry. Intussen moet jy seker maak jy het alles byderhand en gerreed vir Kersdag, en jy probeer selfs bietjie tyd vir jouself inruim – maar jy wil ook gehaltetyd saam met jou kinders spandeer.
Hier is ’n paar basiese wenke oor hoe om die vakansie makliker vir jou en jou gesin te maak:
- Moenie probeer om alles self te doen nie. Vra vir hulp – dis oukei! Jou vriende en familie sal dit geniet om te help, en dit sal hulle iets spesiaal gee om aan te dink oor vanjaar se vakansieseisoen.
- Stel beperkings in ten opsigte van skermtyd: Geen fone of tablette langs die etenstafel nie, of stel ’n tydsbeperking op videospeletjies in (kry ’n balans). Dit sal almal help om te fokus op wat werklik belangrik is – om tyd saam te spandeer.
Belangrik: Gebruik jou aktiewe luister- en probleemoplossingsvaardighede om saam as ’n gesin, oplossings vir probleme te vind. Selfs al is dit net om te besluit waarheen om te gaan vir aandete of watter fliek om op Netflix te kyk – dit sal help om verhoudinge tussen ouers en kinders te versterk.
- Raak georganiseerd: Maak ’n lys van alles wat voor Oukersaand gedoen moet word en betrek die kinders. So skakel jy enige verrassings uit wanneer 24 Desember aanbreek. Dit sal soveel stres later in die week uitskakel wanneer almal rondskarrel om alles perfek en betyds klaar te kry!
- Staan elke dag alleentyd af aan een persoon – jou gade/lewensmaat/kind – maar die heel belangrikste, maak tyd vir jouself. Jy verdien ook ’n ruskans.
Geniet die vakansie!
Gaan lees meer oor Parent & Educational Training se ouerskapkursus hier https://www.parents.co.za/parent-training
*Hierdie blog deur Heidi Malan van die maatskappy Parent & Educational Training, het oorspronklik in Engels op hulle webtuiste verskyn. Afrikaans.com plaas die bloginskrywing in Afrikaans met spesiale vergunning.
Heidi Malan is die stigter en direkteur van Parent & Educational Training (Pty) Ltd. ‘n Maatskappy wat persoonlike en professionele ontwikkelings- en kommunikasieprogramme aanbied. Heidi het meer as 20 jaar ervaring in die aanbied van die Doeltreffende Ouerskapleiding-kursus – spesifiek op ouers van toepassing.
