Om gesonde beperkinge op skermtyd vir jou kind daar te stel, maak ’n baie belangrike deel daarvan uit om hulle algemene welstand te verseker. Dit is noodsaaklik om in ag te neem dat kinders van alle ouderdomme, hetsy peuters, kleuters of ouer kinders, kan voordeel trek uit ’n gebalanseerde benadering ten opsigte van skermtyd.
Betrek jou kind by die proses van reëls maak en probleemoplossing
Een van die beste maniere om gesonde grense vir skermtyd daar te stel, is om jou kind by die proses te betrek. Byvoorbeeld, bespreek die potensiële risiko’s verbonde aan uitermatige skermtyd, en maak saam planne oor hoe om hulle skermtyd te beperk. Deur jou kind deel te maak van die besluitnemingsproses, kan jy hulle help om die belangrikheid van gesonde skermgewoontes in te sien en hulle die geleentheid gee om self goeie keuses uit te oefen.
Voorbeelde trek. Wees jy, as ouer, die voorbeeld
Dit is ook belangrik dat jy as ouer gesonde skermgewoontes sal kweek en uitoefen. Kinders leer deur dit wat hulle sien – die voorbeeld wat gestel word – en as hulle sien dat jy heelwat tyd op jou foon of ander skerms spandeer, sal hulle geneig wees om dieselfde te doen. Probeer dus om jou eie skermtyd te beperk en raak betrokke by ander aktiwiteite waaraan jou kind ook kan deelneem, soos lees, buite speel of om saam ’n legkaart te bou,
Stel duidelike grense
Wanneer jy gesonde beperkinge op skermtyd implementeer, is dit noodsaaklik om ’n balans te kry wat vir julle as gesin werk. Dit kan beteken dat skermtyd gedurende sekere tye van die dag beperk word, of om elke dag ’n spesifieke hoeveelheid tyd aan skermgebruik af te staan. Oorweeg dit ook om ’n skermvrye omgewing in sekere areas van jou huis te skep, soos tydens etenstye of in die slaapkamer.
Laastens, in vandag se digitale omgewing, maak die daarstel van gesonde beperkinge op skermtyd vir jou kind ’n belangrike deel uit van ouerskap. Deur jou kind by die opstel van reëls te betrek, self gesonde skermgewoontes te demonstreer en ’n balans te vind wat vir julle as gesin werk, kan daartoe bydra dat jou kind gesonde gewoontes ontwikkel wat hom nie net nou nie, maar ook in die toekoms, sal bevoordeel.
Gaan lees meer oor Parent & Educational Training se ouerskapkursus hier https://www.parents.co.za/parent-training
*Hierdie blog deur Heidi Malan van die maatskappy Parent & Educational Training, het oorspronklik in Engels op hulle webtuiste verskyn. Afrikaans.com plaas die bloginskrywing in Afrikaans met spesiale vergunning.
Heidi Malan is die stigter en direkteur van Parent & Educational Training (Pty) Ltd. ‘n Maatskappy wat persoonlike en professionele ontwikkelings- en kommunikasieprogramme aanbied. Heidi het meer as 20 jaar ervaring in die aanbied van die Doeltreffende Ouerskapleiding-kursus – spesifiek op ouers van toepassing.