Saamgestel uit Netwerk24-berig.
William Horne skryf op Netwerk24 (11 Oktober 2023) dat die jongste statistiek volgens Sensus 2022 aandui dat die wit mense in Suid-Afrika al hoe minder raak. Hoewel die bevolking sedert die vorige sensus (2011) aansienlik gegroei het, blyk dit dat daar verlede jaar (2022) slegs 4,53 miljoen wit mense in Suid-Afrika was. “Van 2011 tot 2022 het die wit bevolking van 4,6 miljoen tot 4,53 miljoen gedaal. Dit wil sê na 11 jaar is daar 70 000 minder wit mense in die land.”
Gauteng en die Wes-Kaap het steeds die grootste wit bevolking in Suid-Afrika. Die enigste provinsie wat egter genoeg groei in sy wit bevolking ervaar het, is die Wes-Kaap. Dit kan toegeskryf word aan die semigrasie vanuit Gauteng na die Wes-Kaap.
Hoe lyk die stand van Afrikaans?
- Afrikaans is die mees algemene taal wat in die Wes-Kaap gepraat word, met die Noord-Kaap wat ’n kort koppie agter is.
- Afrikaans word in die res van Suid-Afrika gepraat, maar in die Wes- en Noord-Kaap is dit die dominante taal.
- Afrikaans is die taal wat die derde meeste in Suid-Afrika gepraat word, naas Zoeloe en Xhosa.
- “Mense van kleur wat Afrikaans praat, is een van die hoofredes waarom die taal redelik dominant bly in die land.”
- Statistiek Suid-Afrika meld dat daar ’n “noemenswaardige afname is in die persentasie mense in die land wat Afrikaans as hooftaal praat. Van 14,5% van die bevolking wat dit as hooftaal in 1996 gebruik het, staan die persentasie nou op net 10,6%.
Lees gerus die volledige berig hier:
Sensus: Al hoe minder wit mense in SA, maar Afrikaans hou kop bo water | Netwerk24
Nog kommentaar:
Connie Mulder, hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut sê dat dit belangrik is om te onthou dat die sensus slegs uitwys dat Afrikaanssprekendes as ‘n persentasie van die algehele bevolking in Suid-Afrika afgeneem het.
“Dit beteken nie noodwendig dat Afrikaanssprekendes minder word nie, maar dat die aantal mense wat Zoeloe en Xhosa praat in vergelyking meer toegeneem het. Die aantal mense wat nie getel is in die Wes-Kaap en Gauteng nie, kan ook ‘n rol speel omdat dit die provinsies is met die meeste Afrikaanssprekendes.”
Volgens Muller verwag hulle dus dat die vraag na Afrikaanse skole en dienste dieselfde sal bly – indien die vraag nie ‘n “bietjie groter word nie”.
Werner Horn, DA-woordvoerder, meen van die oorsake van die kleiner persentasie Afrikaanssprekendes is verengelsing, emigrasie en ‘n lae geboortekoers.
Dr Piet Croukamp, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, stem saam met Horn dat emigrasie en ‘n lae geboortekoers ‘n rol speel.
Lees meer: