Die gereelde debat oor hoeveel skermtyd is te veel gedurende vakansies, is ’n gesprek wat baie ouers teen opsien. Tog is dit belangrik om vroeër eerder as later die bul by die horings te pak en hieroor te praat. Op die manier het jou kind dan genoeg tyd om hulle verwagtinge te bestuur en aan te pas. Die goeie nuus is, dit hoef nie enigsins jul verhouding te vertroebel nie.
Hier is drie noodsaaklike dinge om te oorweeg voordat die saak benader word.
- Ontsluit die gesprek oor die kwessie van skermtyd
Preek, skree, raas, kerm, omkoop … sal geen vrugte afwerp nie. Onthou, jy het ’n probleem met jou kind wat te veel tyd voor ’n skerm spandeer. Daarom is dit noodsaaklik dat jy die kwessie of probleem duidelik uiteensit, en ook sommer praat oor die tasbare gevolge hieraan verbonde.
Byvoorbeeld: “Ek is bekommerd dat ek nie my data- en elektrisiteitsrekening hierdie maand sal kan betaal as jy soveel tyd op die internet bestee nie.”
Wees gewaarsku. Jy gaan dalk aanvanklik weerstand ondervind. Daarom is dit belagrik om aktief te luister, en om te probeer vasstel en kommunikeer hoe jy jou kind se behoeftes in die verband verstaan. Wees maar gereed vir redelik baie heen-en-weer redekawel, maar sodra alles op die tafel is, kan jy ’n probleemoplossingsessie voorstel – ’n tyd wanneer julle en dalk die hele gesin, saam kan sit en die probleem bespreek.
- Kry ’n oplossing en stel saam die reëls op.
Kinders is baie meer geneig om saam te werk wanneer hulle aktief betrokke is by die proses van reëls maak. Dus, om jou kind die geleentheid te gee om ’n sê hierin te hê, kan talle voordele inhou:
- Jou kind sal meer gemotiveerd voel om die reëls te implementeer en daarby te hou.
- Jou kind sal voel dat hy beheer oor sy lot het wat tot ’n beter selfbeeld kan lei.
- Om jou kind toe te laat om deel van die proses te wees eerder as om net jou besluite/mag af te dwing, bevorder persoonlike verantwoordelikheid en selfdissipline.
- Jou kind sal meer onafhanklik en selfregulerend raak.
- Jou kind sal gewaardeer voel as ’n gelyke lid van die gesin wat nouer en sterker bande tot gevolg sal hê.
“At some time in our lives, we all have felt unmotivated to comply with some rule or policy that we had no voice in the making. Denied the opportunity to participate in establishing a rule, most people feel imposed upon and resentful of the new rule. But when people actively participate in setting a rule or making a decision that will affect them, they are more highly motivated to comply with it. We call this the Principle of Participation, and it has proven its effectiveness in numerous research studies.” – Dr Thomas Gordon
- Laastens, en die belangrikste, moenie ’n huigelaar wees nie!
Vermy huigelary soveel moontlik. As jy vir jou kinders preek oor skermtyd terwyl jy ewe lustig foon in die hand boodskappe stuur, het jy ongelukkig reeds die geveg verloor. Jou kinders gaan jou nie ernstig opneem nie en gaan jou sonder twyfel uitdaag.
Ja, jy is die volwassene en voel dalk meer geregtig om te maak soos jy wil, maar wees gewaarsku. Kinders kyk na hulle ouers se gedrag as voorbeelde oor hoe hulle behoort op te tree. En die oplossing is heel makllik; as ouers wys waaraan hulle waarde heg, sal die modelleringsproses amper vanself plaasvind.
“Modeling can be a very powerful influencing skill with older children as well as with the very young. If teens like the way you talk to them, they will listen to what you have to say. Of course, it’s important to start your modeling at the very beginning. It’s not realistic to expect brand-new modelling to abruptly change a teenager’s habits and tastes developed over many years.” – Michelle Adams,Vice-President of Gordon Training International
Die heel belangrikste om te onthou, is om al die lede wat deur die reël of besluit geraak sal word, te betrek. Die “skermtydgeveg” is die perfekte geleentheid om jou kennis van bogenoemde vaardighede te toets.
Gaan lees meer oor Parent & Educational Training se ouerskapkursus hier https://www.parents.co.za/parent-training
*Hierdie blog deur Heidi Malan van die maatskappy Parent & Educational Training, het oorspronklik in Engels op hulle webtuiste verskyn. Afrikaans.com plaas die bloginskrywing in Afrikaans met spesiale vergunning.
Heidi Malan is die stigter en direkteur van Parent & Educational Training (Pty) Ltd. ‘n Maatskappy wat persoonlike en professionele ontwikkelings- en kommunikasieprogramme aanbied. Heidi het meer as 20 jaar ervaring in die aanbied van die Doeltreffende Ouerskapleiding-kursus – spesifiek op ouers van toepassing.
