Tien boeke vir voorskoolse kinders

Tuis 5 Lees dit 5 Boeke 5 Tien boeke vir voorskoolse kinders
NB Boeke

In hierdie boekekeur is die jongspan aan die beurt!

Van slaapstories tot woordeboeke tot boeke oor hoe om kleure en vorms te identifiseer, hier is iets vir almal. Kyk gerus na NB Uitgewers se toptienboeke vir voorskoolse kinders hierdie maand.

JY KAN WEN!

Een gelukkige leser staan die kans om weg te stap met My eerste tweetalige woordeboek/My first bilingual dictionary deur Miles Kelly.

Deel die plasing oor hierdie leeslys op Facebook om in aanmerking vir die prys te kom.

Die kompetisie sluit 25 September 2023.

NB Boeke
Drake deel nooit!

Nicola Kinnear

ISBN-13: 9780798183130

Kan ‘n draak leer hoe om te deel? Rissie is ‘n baie soet draak. Sy volg al die reëls in die Reëlboek vir Drake: Sy steel by almal, en wil nie haar skatte met ENIGE IEMAND deel nie! Die ander diere het genoeg gehad. As hulle maar die draakreëls kon verander … ‘n Pragtige prenteboek oor die belangrikheid van deel, vertaal deur Jaco Jacobs.

NB Boeke
Babadierestories: Nag, Apie

Magic Cat

ISBN-13: 9780798183161

Apie wil altyd die beste in alles wees. Maar hoogmoed kom voor die val en hy leer gou dat om ‘n goeie maatjie te wees die heel beste van alles is. Hierdie pragtige slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n kits droomland toe stuur.

NB Boeke
Babadierestories: Nag, Eendjie

Magic Cat

ISBN-13: 9780798183154

Eendjie verlaat die nes op soek na avontuur . . . en verdwaal! Met die hulp van sy vriend, Padda, vind hy uit dat hy alles het wat nodig is om sy pad terug nes toe te vind – pootjies wat kan skop, veertjies wat hom warm hou wanneer hy swem en ‘n piepstemmetjie om Mamma Eend mee te roep.

NB Boeke
Loer binne: Wilde diere

Really Decent Books

ISBN-13: 9780798183451

Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!

NB Boeke
Loer binne: Die plaas

Really Decent Books

ISBN-13: 9780798181082

Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loerflappies gee aan kinders ‘n prettige geleentheid om meer oor die plaas uit te vind. Gaan kuier op die plaas en sien watter diere daar woon, watter verskillende plante geplant word en watter voertuie gebruik word. Gaan kuier in die stalle, die hoenderhok, by die varke en maak ‘n draai by die dam!

NB Boeke
Leer van kleure saam met Ollie Olifant

Cuberdon

ISBN-13: 9780798183871

In hierdie boek propvol plakkers en aktiwiteite sal kleuters speel-speel meer leer van kleure. Prettige aktiwiteite hou die kleingoed besig – enige tyd, enige plek! Dis die perfekte pretboek om motoriese vaardighede te oefen en basiese konsepte te leer ken.

NB Boeke
Leer van vorms en teenoorgesteldes saam met Krokkie Krokodil

Cuberdon

ISBN-13: 9780798183888

In hierdie boek propvol plakkers en aktiwiteite sal kleuters speel-speel meer leer van vorms en teenoorgesteldes. Kleurvolle aktiwiteite hou die kleingoed besig – enige tyd, enige plek! Dis die perfekte pretboek om motoriese vaardighede te oefen en basiese konsepte te leer ken.

NB Boeke
My eerste tweetalige woordeboek/My first bilingual dictionary

Miles Kelly

ISBN-13: 9780798182638

Kinders kan hulle wêreld met hierdie prettige eerste woordeboek verken en die name van allerlei dinge rondom hulle leer. Elke bladsy is vol prente en dinge om te soek en oor te praat. Dié boeke is hardeband met volkleurillustrasies.

NB Boeke
Verf en leer: 123

iSeek Ltd

ISBN-13: 9780798182928

Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind, na die syfers te kyk, en te tel! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. ‘n Kwas word ingesluit!

NB Boeke
Verf en leer: Kleure

iSeek Ltd

ISBN-13: 9780798182935

Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind sodat kinders na die kleure kan kyk! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. ‘n Kwas word ingesluit!

by | Aug 31, 2023 | Boeke, Lees dit

Deel hierdie plasing