Die jaarlikse Silwerskermfees is ʼn wonderlike geleentheid waartydens belowende rolprentmakers, oud en jonk, en draaiboekskrywers die geleentheid kry om hulle werk ten toon te stel. Sedert die eerste Silwerskermfees het die Afrikaanse rolprentbedryf behoorlik gebloei. Vanaf Woensdag 23 Augustus tot Saterdag 26 Augustus het almal geïnteresseerd in die Afrikaanse rolprentbedryf in Kampsbaai bymekaar gekom vir vanjaar se kykNET Silwerskermfees. Hierdie jaarlikse Silwerskermfees is ook die geleentheid waar aspirantrolprentmakers en -draaiboekskrywers die kans kry om hulle storie-idees vir ʼn kortfilmmentorskapsprogram in te skryf en wie weet, volgende jaar is daardie filmidee dalk van die kortfilms of speelfilms wat tydens die fees vertoon word.
Daar was vanjaar weer verskeie interessante en opwindende kortfilms en kortdokumentêre films op die program. Dit was ook die geleentheid vir die première van ʼn paar vollengte rolprente: Hans steek die Rubicon oor, Old Righteous Blues, Frankie en Felipé, Blindelings en Die tragiese saak van Pamina Vermaak. Vanjaar was die elfde keer wat hierdie geleentheid plaasgevind het en dit was ook die heel eerste Silwerskermfees waar daar ook benoemings was vir diegene wat werksaam is in die Afrikaanse televisiebedryf en wie se werk op kykNET uitgesaai is.
Op Saterdagaand 26 Augustus, tydens ʼn spogfunksie met spoggerige tabberds en kameras wat flits, is die wenners in vanjaar se kompetisie aangekondig tydens die gala-aand wat by die CTICC in Kaapstad gehou is. Van die wenners wat weggestap het met een van die gesogte beeldjies is akteurs en aanbieders soos Nataniël, Nicole Holm, Bianca Flanders, André Odendaal, Rian van Heerden, Roeline Daneel, Heindrich Wyngaard, Bertus Basson, Edwin van der Walt, Erica Wessels, Hannes van Wyk, Desiré Gardner en Dann-Jacques Mouton. Hans Steek die Rubicon oor, met Pierre van Pletzen in die hoofrol, is as die beste Speelfilm aangewys en Pierre het ook die trofee gekry as beste akteur in ʼn Speelfilm vir dieselfde fliek. Die beste televisieoomblik vir die jaar op kykNET was AB (Cedwyn Joel) en Mymoena Samsodien (Jill Levenberg) se troue.
Hier is ʼn volledige lys van al die wenners vir Film en Televisie:
Speelfilm: Beste produksie-ontwerp
Dean Abrahams – Old Righteous Blues
Speelfilm: Beste oorspronklike klankbaan
Edward George King – Old Righteous Blues
Speelfilm: Beste draaiboek
Elanie Rupping, Bibi Slippers – Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Speelfilm: Beste klankontwerp
Tim Pringle – Blindelings
Speelfilm: Beste kinematografie
Johannes Pieter Nel – Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Speelfilm: Beste redigering
Eva du Preez – Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Kortfilm: Beste kinematografie
Alfonzo Franke – Die Blokke
Kortfilm: Beste oorspronklike klankbaan
Edward George King – Volle bors
Kortfilm: Beste klankontwerp
Adriaan Drotsché (Audiopimps) – Die Swart Draak ontwaak
Kortfilm: Beste redigering
Johannes Pieter Nel – Die Swart Draak ontwaak
Kortfilm: Beste produksie-ontwerp
Burger Meyer – Karen
Kortfilm: Beste draaiboek
Roxanne Blaise & Mujaahid Valley – Die Blokke
Kortfilm: Beste regie
Emilie Badenhorst & Kanya Viljoen – ’n Doop om stilte
Beste dokumentêr
Besmet
Dokumentêr: Beste regie
Reginald Hufkie & Frankie Opperman – Langafstand
Dokumentêr: Beste redigering
Adi van der Walt – Besmet
Dokumentêr: Beste klankontwerp
Call of the Wild – Renier van Niekerk
Spesiale Vermelding Ensemble-spel – Straatrotte
Spesiale Vermelding Garderobe – Old Righteous Blues
Spesiale Vermelding Grafika – Straatrotte
Spesiale Vermelding Choreografie en waaghalstoertjies – Die Swart Draak ontwaak
Spesiale Vermelding Poppespel – Thrift tot die dood
Lewensbydrae André Scholtz
Feesgunsteling Straatrotte
Beste ondersteunende rol in ’n drama
Nicole Holm – Donkerbos
Speelfilm: Beste ondersteunende akteur
Joshwin Dyson – Old Righteous Blues
Speelfilm: Beste ondersteunende aktrise
Bianca Flanders – Frankie & Felipé
Beste nuweling in ’n telenovela of sepie
Devonecia Swartz – Arendsvlei
Beste aanbieder: Kookprogram
Alfred Adriaan – Roer!
Beste aanbieder in ’n leefstylprogram
Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf.
Beste skurk in ’n telenovela of sepie
André Odendaal – Binnelanders
Beste aanbieder in ’n speletjiesprogram
Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr
Kortfilm: Beste akteur
Gershwin Mias – Die Blokke
Kortfilm: Beste aktrise
Roeline Daneel – As
Beste aanbieder in ’n gespreksprogram
Heindrich Wyngaard – KLOP!
Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram
Bertus Basson – In die sop
Beste akteur in ’n telenovela of sepie
Dann-Jacques Mouton – Arendsvlei
Beste aktrise in ’n telenovela of sepie
Cindy Swanepoel – Binnelanders
Beste TV-oomblik van die jaar
Suidooster – Mnr. en mev. Samsodien se troue
Beste akteur in ’n komedie
Desiré Gardner – Magda Louw
Beste aanbieder in ’n buitelug-aktiwiteitsprogram
Dewald Visser – Mal kamper
Beste aanbieder in ’n joernaalprogram
Hannes van Wyk – Kwêla
Beste akteur in ’n drama
Edwin van der Walt – Donkerbos
Beste aktrise in ’n drama
Erica Wessels – Donkerbos
Beste TV-film
Vuurdoop – André Velts Films
Beste ensemble-aanbiederspan
La’t wiel
Beste aanbieder in ’n aktuele program
Lourensa Eckard – In gesprek
Beste kortfilm
’n Doop om stilte
Persoonlikheid van die jaar
Jonathan Rubain – Koortjies
Speelfilm: Beste regisseur
Corné van Rooyen – Hans steek die Rubicon oor
Speelfilm: Beste akteur
Pierre van Pletzen – Hans steek die Rubicon oor
Speelfilm: Beste aktrise
Carla Smith – Die tragiese saak van Pamina Vermaak
Speelfilm: Beste speelfilm
Hans steek die Rubicon oor
Daar is drie lewensbydraes tydens hierdie geleentheid toegeken:
Cedwyn Joel wat nog tot onlangs te sien was as AB Samsodien in die sepie Suidooster.
Freek Robinson, vermaarde nuusman.
Die vervaardiger André Scholtz is Saterdagoggend 26 Augustus by die Silwerskermfees se Tegniese Toekennings in Kampsbaai vir sy lewensbydrae vereer.

Bertus Basson is bekroon as aanbieder vir sy program In die sop.

Cedwyn Joel is vereer vir sy lewensbydrae tot die vermaaklikheidsbedryf.

Edwin van der Walt is die beste akteur met Donkerbos.

Lourensa Eckard is aangewys as beste aanbieder in ‘n aktuele program.

Nicole Holm is vereer as beste ondersteunende rol in ‘n drama vir Donkerbos.

Bianca Flanders het die trofee verower as Beste Ondersteunende aktrise in n Speelfilm.

Dann-Jacques Mouton is aangewys as beste akteur in ‘n sepie of telenovela.

Heindrich Wyngaard verower ‘n trofee as beste aanbieder in ‘n geselsprogram.

Hannes van Wyk is aangewys as beste aanbieder in ‘n joernaalprogram.

Freek Robinson is vir sy lewensbydrae vereer.

Met haar spel in Donkerbos is Erica Wessels aangewys as beste aktrise in ‘n drama.

Pierre van Pletzen verower die trofee vir beste akteur in ‘n Speelfilm as Hans in Hans steek die Rubicon oor.