Vanjaar se nominasies vir die Suid-Afrikaanse Film- en televisietoekennings, is op Dinsdag 8 Augustus aangekondig. Hierdie toekennings beloon plaaslike flieks, televisiereekse, akteurs, aanbieders en diegene aan die tegniese kant. Dit word deur die Nasionale Rolprent-en-videostigting aangebied. Vanjaar se SAFTA-toekennings vind oor twee aande op 29 en 30 September plaas met die tema: “Our stories flow together.” Die geleentheid sal regstreeks op sowel YouTube as Mzanzi Magic (DStv kanaal 161) en SABC 3 (DStv kanaal 193) uitgesaai word om 19:00.
Die komediereeks Hotel is in verskeie kategorieë benoem en die misdaadreeks Donkerbos, wat op Showmax uitgesaai is, het ook ʼn hele paar benoemings opgeraap. Vir ʼn volledige lys van benoemings besoek Netwerk24. Soos in die verlede kry die kykers self die geleentheid om te stem vir die beste sepie of telenovela. Die lyne waarop die stemme uitgebring word, het op Donderdag 10 Augustus oopgemaak en sluit op 27 September om middernag. SMS’e kos R1.50 per minuut en gratis minute mag nie gebruik word nie. Stem nou vir jou gunstelingsepie of -telenovela deur die volgende nommer te skakel: *120*32020#
Jy kan kies uit die volgende benoemings:
Arendsvlei
Binnelanders
DiepCity (reeks2)
Diepe Water
Durban Gen
Generations: The Legacy
Giyani – Land of Blood
Gomora
House of Zwide
The Seed
Legacy
Muvhango
Redemption (reeks 1)
Scandal
Suidooster
Skeem Saam
The Black Door (reeks 1)
The Estate
The River
The Wife 3
Uzalo