Silwerskermfeeste

Uitmuntendheid is beloon by die jaarlikse Silwerskermfees

Die jaarlikse Silwerskermfees is ʼn wonderlike geleentheid waartydens belowende rolprentmakers, oud en jonk, en draaiboekskrywers die geleentheid kry om hulle werk ten toon te stel. Sedert die eerste Silwerskermfees het die Afrikaanse rolprentbedryf behoorlik gebloei. Vanaf Woensdag 23 Augustus tot Saterdag 26 Augustus het almal geïnteresseerd in die Afrikaanse rolprentbedryf in Kampsbaai bymekaar gekom vir…

Donkies huppel oor Kaapstadse Filharmoniese Orkes se konsert op Robertson.

Persverklaring: LK MEDIABOOK Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ‘n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk op Sondag 8 Oktober, 15:00.   Om dié dag nog dieper betekenis te gee word die sprankelende musiekprogram ten bate van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary…

Entrepreneurskap: die vonk wat nodig is vir ʼn vuisvoos ekonomie

Artikel verskaf deur Akademia Entrepreneurskap is lank nie meer net ʼn gonswoord wat deur ekonome en toekomsbeplanners gebruik word as ʼn moontlike antwoord op Suid-Afrika se ekonomiese probleme nie. Vandag is entrepreneurskap, en die potensiaal wat daaraan gekoppel word, ʼn dinamiese dryfveer van die land se ontwikkelende ekonomie. Méér nog, die sukses wat entrepreneurs ervaar…

SAFTA-toekennings – stem vir jou gunstelingsepie of -telenovela

Vanjaar se nominasies vir die Suid-Afrikaanse Film- en televisietoekennings, is op Dinsdag 8 Augustus aangekondig. Hierdie toekennings beloon plaaslike flieks, televisiereekse, akteurs, aanbieders en diegene aan die tegniese kant. Dit word deur die Nasionale Rolprent-en-videostigting aangebied. Vanjaar se SAFTA-toekennings vind oor twee aande op 29 en 30 September plaas met die tema: “Our stories flow…

Akademia

Afrikaans en die rol van die GRA: ʼn Taalreis vanaf minderwaardigheid tot volwassenheid

Skrywer: prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie by Akademia   Afrikaanssprekendes het verskeie redes om in Augustusmaand die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 te vier. Vanweë die invloed wat die GRA uitgeoefen het, het Afrikaans sy eerste tree gegee om uiteindelik ʼn volwasse taal te word – ʼn…