kykNET Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie

Tuis 5 Feeste 5 kykNET Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie

Oor die afgelope paar jaar het kykNET se Silwerskermfees besonder baie beteken vir die Afrikaanse rolprentbedryf. Hierdie fees in Kampsbaai sluit dan gewoonlik af met ʼn glansryke toekenningseremonie waartydens die fees se beste films vereer word. Daar is ook toekennings vir akteurs en tegnici om sodoende eer te gee aan die wat dit verdien. Vanjaar gaan hierdie geleentheid nog groter wees, want vir die heel eerste keer deel kykNET ook Silwerskermfeesbeeldjies uit aan akteurs, aanbieders en televisiepersoonlikhede vir puik televisiewerk. Dit is vir televisievermaak wat tussen April 2022 en 31 Maart 2023 uitgesaai is.

Televisiekykers sal tuis kan kyk na hierdie eerste en skouspelagtige kykNET Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie. Die gala-aand, wat op Saterdag 26 Augustus by die CTICC in Kaapstad plaasvind, word opgeneem en op Sondag 27 Augustus om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Daar is 20 kategorieë vir die TV-deel van die Silwerskermfeestoekennings vir Film en Televisie. Daar word ook drie toekennings gemaak vir lewensbydraes. Vanjaar word daar op hierdie manier hulde gebring aan die geliefde akteur Cedwyn Joel wat vir jare die rol van AB Samsodien vertolk het in Suidooster, nuusman Freek Robinson wat vir 40 jaar al die hoogste standaard stel en handhaaf in die nuusmedia en vervaardiger André Scholtz wat al vir langer as 50 jaar rolprente maak.

Die benoemings vir die Silwerskermfees se beste films sal eers aan die einde van hul vertonings by die fees aangekondig word.

Hier is die volledige benoemingslys:

BESTE AKTEUR IN ’N KOMEDIE

Desiré Gardner – Magda Louw

Hannes van Wyk – Magda Louw

Ilse-Lee van Niekerk – Troukoors

Liane Heyl – Poena

Robbie Wessels – Poena

 

BESTE AKTEUR IN ’N DRAMA

Andahr Cotton – Dinge van ’n kind

André Samuels – Mooiweer en warm

Bobby van Jaarsveld – Spoorloos 4: Die Eiland

Edwin van der Walt – Fraksie

Edwin van der Walt – Donkerbos

 

BESTE AKTRISE IN ’N DRAMA

Erica Wessels – Donkerbos

Ira Blanckenberg – Mooiweer en warm

Izel Bezuidenhout – Spoorloos 4: Die Eiland

Melissa Myburgh – Dinge van ’n kind

Trix Vivier – Fraksie

 

BESTE ONDERSTEUNENDE ROL IN ’N DRAMA

Andre Weideman – Dinge van ’n kind

Hannes van Wyk – Spoorloos 4: Die Eiland

Nicole Holm – Donkerbos

Pierre van Pletzen – Fraksie

Tinarie van Wyk Loots – Mooiweer en warm

 

BESTE AKTEUR IN ’N TELENOVELA OF SEPIE

Clint Brink – Binnelanders

Dean John Smith – Suidooster

Dan-Jacques Mouton – Arendsvlei

Justin Strydom – Diepe Waters

 

BESTE AKTRISE IN ’N TELENOVELA OF SEPIE

Cindy Swanepoel – Binnelanders

Jill Levenberg – Suidooster

Jolene Martin – Arendsvlei

Nadia Valvekens – Diepe Waters

 

BESTE SKURK IN ’N TELENOVELA OF SEPIE

André Odendaal – Binnelanders

Irvine van der Merwe – Suidooster

Rehane Abrahams – Arendsvlei

Sandi Schultz – Diepe Waters

 

BESTE NUWELING IN ’N TELENOVELA OF SEPIE

Char Carrie – Suidooster

David Viviers – Binnelanders

Devonecia Swartz – Arendsvlei

Liam Bosman – Diepe Waters

 

BESTE AANBIEDER IN ’N JOERNAALPROGRAM

Bonné de Bod – Bewonder en bewaar met Bonné de Bod

Ewan Strydom – Bravo!

Hannes van Wyk – Kwêla

Leah – Duidelik Dapper

Lisa van Rooyen – Trend

Tracey Lange – Bravo!

 

BESTE AANBIEDER IN ’N LEEFSTYLPROGRAM

Anzél Rabie – Anzél in die Boland

Erns Grundling – Elders

Gerrie Pretorius – Leef jou reis

Henck Conrey – Vat jou goed en trek

Jak de Priester – Koppieteefontein

Nataniël – Nataniël. Erik. Wolf.

Shari Kennedy – Hokaai my meisie

 

BESTE AANBIEDER IN ’N REALITEITSPROGRAM

Bertus Basson –  In Die Sop!

Edrien Erasmus – Groenste Vingers

Ewan Strydom – Plaasjapie

Leandie du Randt – Slank

Marciel Hopkins – Boer Soek ʼn Vrou

Schalk Bezuidenhout – Op My Eish!

BESTE AANBIEDER IN ’N AKTUELE PROGRAM

Kabous Meiring – Prontuit

Lourensa Eckard – In Gesprek

Mia Spies – Wie’s Nuus?

Theo Vorster – Sakegesprek

 

BESTE AANBIEDER IN ’N SPELETJIESPROGRAM

De Klerk Oelofse – Kyk wie praat

Early B – My Ma Kook Beter As Joune

Rian van Heerden – Wie word ʼn miljoenêr?

Ricky Schroeder – Jol met Ricky

 

BESTE AANBIEDER IN ’N GESPREKSPROGRAM

Aden Thomas – Sê jou sê

Divan Botha – Winslyn

Heindrich Wyngaard – KLOP!

Suzaan Steyn – Spreekkamer

 

BESTE AANBIEDER IN ’N BUITELUG-AKTIWITEITSPROGRAM

André de Villiers – 4×4 met André

Dewald Visser – Mal Kamper

Hennie Bosman – Wanderlus

Nicole Bosman – Wanderlus

Petri de Wet – Hier gaan ons alweer

 

BESTE AANBIEDER IN ’N KOOKPROGRAM

Alfred Adriaan – Roer

Henriëtte Marx – Net Koffie

Jan Scannell – Jan Braai

Tiaan Langenegger – Tiaan Proe

 

BESTE EMSEMBLE-AANBIEDERSPAN

eNUUS 

Fiësta

Groot Ontbyt

L’at Wiel

Huppel in die stap

Ontbytsake

Oppiestoep

Toks & Tjops

Tussen Ons

Welvaartskeppers

 

BESTE TV-OOMBLIK VAN DIE JAAR

Binnelanders – At is dood

Kyk wie praat – Moet kinders betaal om skool toe te gaan?

Plaasjapie – Dian se wenoomblik

Suidooster – Mnr. en Mev. Samsodien trou

Spoorloos 4: Die Eiland – Slottoneel van reeks.

 

PERSOONLIKHEID VAN DIE JAAR

Francois Jacobs – Op My Eish!

Jonathan Rubain – Koortjies

Kiki La Coco – Die Real Housewives van Pretoria

Mel & Peet Viljoen – Die Real Housewives van Pretoria

Nataniël

 

BESTE TV-FILM

Dina Dagbreek

Elsa en Magriet

Snuf in die Neus

Sonversamelaar

Vuurdoop

 

LEWENSBYDRAE

Cedwyn Joel

Freek Robinson

André Scholtz

Gesels saam oor die Silwerskermfees op Twitter, Facebook en Instagram – @silwerskermfees.co.za en gebruik die hutsmerk #silwerskermfees.

by | Jun 30, 2023 | Feeste, Films, Kyk dit, TV

Deel hierdie plasing