Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Die kompetisie bestaan uit twee kategorieë:
* Eerstens vir manuskripte vir lesers 8 tot 12 jaar oud. Lengte: tot ongeveer 20 000 woorde.
* Tweedens vir manuskripte vir tieners of jong volwassenes ouer as 13. Lengte: tot ongeveer 50 000 woorde.
Die prysgeld is R50 000 vir die wenkinderverhaal en R50 000 vir die wenverhaal vir tieners of jong volwassenes.
Inskrywings word deur ’n paneel van lesers beoordeel. Die wenboeke sal deur NB-Uitgewers se drukname Tafelberg en Human & Rousseau gepubliseer word.
Die uitgewery is op soek na oorspronklike, onweerstaanbare en hoogs vermaaklike Afrikaanse manuskripte. Selfs vir niewenners is daar die moontlikheid van publikasie by NB-Uitgewers, indien die beoordelaars die manuskrip sou aanbeveel.
Verdere inligting, kompetisiereëls en ’n inskrywingsvorm is HIER verkrygbaar.
Sluitingsdatum: 30 November 2023.
Wenners sal in April 2024 bekendgemaak word.
Die boeke sal later in 2024 op die rakke wees.
Skrywers wat nog meer wil weet, kan Astrid van Staden kontak by Astrid.vanStaden@nb.co.za.