Skakel in aanlyn op 26 Mei
Droom jy daarvan om ’n jeugverhaal te skryf? Dalk is jy reeds besig om te werk aan ʼn jeugverhaal wat jy graag vanjaar vir ʼn kompetisie wil inskryf. Dan moet jy Vrydagaand 26 Mei luister wanneer Maretha Maartens aanlyn meer gaan vertel oor die skryf van ʼn goeie jeugverhaal. Hierdie gesprek word aangebied deur die Werkgemeenskap Vrystaat van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Skryf in vir die kompetisies
Daar is tans twee kompetisies vir die skryf van ʼn jeugboek aan die gang. Die kompetisies word aangebied deur LAPA en NB-Uitgewers en enigeen kan deelneem. LAPA se kompetisie sluit op 31 Oktober 2023 en die van NB Uitgewers op 30 November 2023.
Maretha Maartens het baie ervaring met die skryf van jeugverhale en het onder meer die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die Credo-, ATKV- en Andrew Murray-toekenning asook die Oostenrykse Katolieke Kinderboekprys verower vir jeugfiksie. Haar jeugroman, Die Inkvoël, is opgeneem in die White Raven-versameling en dit is ook in Engels, Duits en Nederlands vertaal. Sy is dus die ideale persoon om meer inligting te verskaf oor die skryf van ʼn jeugroman. Vrae soos: Hoe pak ʼn mens dit aan? Wat is die vereistes? Waarna kyk die beoordelaars? sal onder meer beantwoord word. Maretha sal ook wenke gee uit haar eie ondervinding.
Skakel aanlyn in
Die aanlyn uitsending vind op 26 Mei 2023 om 17:15 op MS Teams plaas en daar kan vanaf 17:00 ingeskakel word. Hier is die skakel na die uitsending: