Akademia

Akademia stel navorsingsuitslae van #Studentelewe-veldtog bekend

MEDIAVERKLARING: Akademia 23 Maart 2023 Akademia het op Donderdag 23 Maart die navorsingsuitslae van die #Studentelewe-veldtog aanlyn bekendgemaak. Die bekendstelling het gepaardgegaan met ʼn paneelgesprek en die deelnemers was Marthinus Visser, besturende direkteur, Douard d’Assonville, bestuurder: studentelewe en koshuise en Rika Nieuwoudt, departementshoof en dosent. Hulle het die navorsingverslag se hooftemas bespreek asook hoe Akademia…

Bloktyd

Matrieks en onnies: Hier is hulp met leeswerk.

“Met die nuwe aanlyn projek Bloktyd ontsluit Huisgenoot die wêreld van voorgeskrewe Afrikaanse leeswerk vir leerders op nuwe maniere wat boekwurms én minder ywerige lesers sal boei.“ – Yvonne Beyers, Huisgenoot-redakteur Bloktyd is ’n nuwe reeks video’s en luisterboeke vir senior hoërskoolleerders wat die jaar se Afrikaanse letterkundige leerwerk baie makliker en lekkerder maak. Die…

ChatGPT

ChatGPT – ‘n Kletsbot wat jou stomslaan

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt Sedert November 2022, toe ChatGPT (“Chat Generative Pre-trained Transformer”) bekendgestel is, is kunsmatige intelligensie en wat ‘n mens alles daarmee kan vermag, op almal se lippe. Die taalmodel, ChatGPT, is deur die maatskappy OpenAI in San Francisco ontwikkel en is grootliks geskoei op hulle GPT-3-taalmodel, maar verfyn deur leer onder toesig…

Meertaligheid

Suid-Afrikaanse polisiediens se taalbeleid in stryd met die bevordering van meertaligheid

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt “Dit verbluf dat die Wes-Kaapse polisiediens voortgaan met ‘n verengelsingspoging wat reeds in die Noord-Kaap ná ‘n draai in die hof in die stof gebyt het.” – Dr Conrad Steenkamp, hoof van die Afrikaanse Taalraad (mediavrystelling 12 Maart 2023) Die kwessie oor die taalbeleid van die Suid-Afrikaanse polisiediens is nie nuut…

Fiesta 2023

Fiësta-wenners

Die wenners van vanjaar se Fiësta-toekennings is op Donderdagaand 9 Maart by ’n intieme funksie by The Lookout in Kaapstad se Waterfront aangekondig. Die Fiëstas vereer hoofsaaklik verhoogproduksies wat op kunstefeeste reg oor die land gedebuteer het. Vanjaar was die 13e keer dat hierdie geleentheid plaasgevind het. Suidooster  se Kaashifa, Jawaahier Petersen en Fraksie se…

NALN

NALN vier ’n halfeeu

Maartmaand brand die vreugdevure hoog, want dan vier die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein sy vyftigste bestaansjaar. NALN wy hom toe aan die behoud en bevordering van die Afrikaanse woordkuns. Hierdie sentrum is op 24 Maart 1973 amptelik geopen deur meneer JP van der Spuy, die toenmalige Minister van Nasionale Opvoeding.…