Valentynsdag lê om die draai. Daardie dag waarop geliefdes mekaar mag bederf. Hierdie tradisie kom al ’n lang pad en die fees is meer as 1500 jaar gelede ingestel, ter herdenking van St. Valentyn, ’n Christen-martelaar. Deesdae is dit die liefde wat op 14 Februarie gevier word en dis heerlik om deel te wees van hierdie tradisie. Die FAK skep ’n besondere geleentheid om iets buitengewoon vir jou geliefde te doen.
Op Dinsdagaand 14 Februarie bied die musikant Stefan Jansen ’n spesiale Valentynskonsert aan in die FAK se Liedjietuin by die Voortrekkermonument in Pretoria.
Stefan is hierdie jaar ook betrokke by die FAK se Liedjiebus-projek wat besoek aflê by aftree-oorde en ouetehuise regoor die land. Hy het as jong musikant oorsee gereis en in die vreemde besef watter voorreg dit is om in Afrikaans te kan musiek maak. Indien jy slegs na die konsert wil gaan luister, kos dit R250 per paartjie. Diegene wat ook graag ’n piekniekboksie wil hê om saam met die musiek te geniet, betaal R650 per paartjie. Bring asseblief jou eie piekniekkombers saam en kom geniet die aand onder die sterre. Bespreek jou plek voor of op 10 Februarie by http://bit.ly/3Hlk5f1 en kom geniet hierdie romantiese aand.
Tyd: 18:00
Plek: FAK Liedjietuin, Voortrekkermonument
Koste: R250 per paartjie slegs vir die musiekkonsert
R650 per paartjie vir die musiekkonsert sowel as ʼn piekniekboksie.