Februarie is Moedertaalmaand en op 21 Februarie vier ons weer eens Internasionale Moedertaaldag. ‘n Dag wat deur Unesco (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) ingestel is om op die belangrikheid van moedertale regoor die wêreld en die impak wat dit op kultuur het, te fokus.
As deel van vanjaar se vieringe het ons hande geneem met aanbieder, skrywer, en seremoniemeester Lyntjie Jaars om meer te leer oor die Nama-kultuur sowel as Nama-Afrikaans. Gedurende Februarie sal Afrikaans.com weekliks ‘n video bekendstel waartydens ons gemeenskap Nama-Afrikaans kan leer. Gratis aflaaibare PDF-dokumente sal ook vanaf week 2 beskikbaar wees. Leer saam!
Week 1: Ontmoet vir Lyntjie Jaars, leer meer oor Nama, en struktuur vir opkomende lesse
Week 2: Eerste woordeskat