Hierdie LAPA-boeke moet beslis op jou inkopielysie wees – dit sal jou kind die nodige akademiese hupstoot gee. En daar is iets vir elke ouderdomsgroep!
1. Die skool vir ramspoedige talente, Blinkertjies in pa se baard, The vegan vampire en Tyd is ‘n b**ksem (Verskeie) |
Hierdie versamelings bevat van die beste nuutgeskrewe gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur vir laerskole en hoërskole (Tyd is ‘n b**ksem) en is spesiaal saamgestel om onderwysers te help met die kwartaal 3-letterkundeprojek. In hierdie bundels lees jy stories, gedigte en dramatekste deur Zelda Bezuidenhout, Fanie Viljoen, Wendy Maartens, Hannes Barnard … en nog meer! Hierdie versameling is perfek vir onderwysers en leerders, vir beide huistaal- en eerste addisionele taal-sprekers. Studiegidse is beskikbaar wat addisionele inligting oor die tekste bevat.
2. Druk speel |
Druk speel
Leon van Nierop
ISBN-13:9781776355525
Uitgewer: LAPA
Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre moet behandel? Druk speel is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse films word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik.
Aspekte soos die volgende word bespreek:
verskillende vorme van films
kamerawerk
redigering
kostuums en grimering
musiek en klank
hoe om resensies te skryf.
3. Afrikaans + |
Afrikaans +
Verskeie skrywers
ISBN-13:9780799391268
Uitgewer: LAPA
Afrikaans+ is ’n gebruikersvriendelike studiegids vir leerders wat hul punte in Afrikaans as addisionele taal wil verbeter. Hierdie praktiese gids is in lyn met die nuutste AWS; bevat verduidelikings in Engels en is propvol voorbeelde. Dit verduidelik telkens hoe toetse en eksamens in die staatskole en in die IEB-skole werk, en is deur ’n paneel kundiges geskryf wat die behoeftes van die addisioneletaalleerder verstaan.
4. Tussen die lyne |
Tussen die lyne
Jaco Jacobs
ISBN-13:978 0 6396 0805 1
Uitgewer: LAPA
Wil jy fantastiese stories en skreeusnaakse rympies skryf? Is jy gereed om jou verbeelding vrye teuels te gee? Kort jou opstelle ’n bietjie woema? Wel, hier is goeie nuus … Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie!
Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverkoperskrywer Jaco Jacobs kinders speel-speel om hul skryftalent te ontwikkel. So, waarvoor wag jy nog … maak jou potlood skerp en laat die pret begin!
5. Mixtape van die liefde |
Mixtape van die liefde
Saamgestel deur Antjie Krog
ISBN-13:9781776353590
Uitgewer: LAPA
Hierdie bundel gedigte is perfek vir klaskamergebruik en verken die verskillende dimensies van die liefde:
Verliefdheid (’n rimpelvel hardloop),
Wat is die liefde? (my hart het in jou verdwaal),
Liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?),
Liefde en pyn (ek volg net my hartseer),
Liefde en woede (ek haat en ek het lief) en
Liefde wat verder reik (o’s celebrate).
Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel: Van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman, Van Wyk Louw tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julius en Ryan Pedro. Ronelda S Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte.
6. Tippie leer klanke |
Tippie leer klanke
José Palmer, Reinette Lombard en Dedré van Wyngaard
ISBN-13:9780637000444
Uitgewer: LAPA
Tippie leer klanke is ontwikkel in samewerking met ’n arbeidsterapeut om verskeie vroeëontwikkelingsvaardighede in te sluit. Klankvaslegging, korrekte klankvorming vir skryf asook ouditiewe en visuele perseptuele vaardighede vorm deel van hierdie unieke benadering. Hierdie reeks sluit ’n verskeidenheid versteekte kurrikulumuitkomste in met visuele struktuur vir ’n duidelike begin en einde. ’n Gestruktureerde werkswyse met ’n fokus op links na regs, bo na onder word ook van die begin af aangeleer. Leergereedheid is belangrik. Tippie leer klanke is ’n makliker manier om klanke op ’n ouderdomstoepaslike en kindgerigte wyse aan te leer.
7. Verskeie studiegidse |
Verskeie studiegidse
Verskeie skrywers
Uitgewer: LAPA
Ons opvoedkunde-span maak seker dat daar lees- en studiegidse is vir al die boeke wat ideaal vir taalklasse is. Hierdie boeke word deur vakkundiges geskryf en is die perfekte hulpmiddel in enige klaskamer. Hierdie studiegidse is nie net geskik vir onderwysers om saam met die leesboek in die klaskamer te gebruik nie, maar leerders kan ook die studiegidse met vrug vir selfstudie gebruik. Van die titels wat beskikbaar is: Asem, Baster, Al wat ek weet, Die skool vir rampspoedige talente en Blinkertjies in pa se baard. Binnekort verskyn onder andere Tyd is ‘n b**ksem, Die 17de veer, Offers vir die vlieë en Dit het alles begin by ‘n hond. Gaan loer op ons webwerf!
8. Praat jy! |
Praat jy!
Thérèse Hulme
ISBN-13:9781776354559
Uitgewer: LAPA
Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap, aan die skryf gekry het. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help, is die boek vol kopoopmaakvrae en praktiese oefeninge vir leerders, herkouvrae vir onderwysers en besprekings wat nuwe insigte na KABV-taaldoelwitte bring.
9. Ek lees self Sigwoordboek |
Ek lees self Sigwoordboek
Wendy Maartens
ISBN-13: 9781776358281
Uitgewer: LAPA
Hierdie boek is ’n samestelling van drie sigwoordboekies gebaseer op ses boekies wat uit Wendy Maartens se Ek lees self-leesreeks kom. In die sigwoordboekies het Maartens die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is spesiaal saamgestel om as ondersteuningsmateriaal vir die ouers by die huis en die onderwyser in die klas te dien.
10. Kominpas met Afrikaans |
Kominpas met Afrikaans
Verskeie skrywers
EAT ISBN 9780799371574
HT ISBN 9780799371567
Uitgewer: LAPA
Hierdie handleidings is vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal-leerders asook vir Huistaalleerders van graad 4 tot 7 opgestel. Die boek word eenmalig aangekoop en word in graad 4, 5, 6 en 7 gebruik.
Die handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literêre begrippe, vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee.
*Afdeling A bevat ’n opsomming van die verskillende afdelings van taalleer. Elke aspek van die taalleer vorm ’n eenheid.
*Afdeling B bestaan uit wenke wat tydens die beantwoording van begripstoetse en visuele geletterdheidsoefeninge toegepas kan word.
*Afdeling C is ’n opsomming van die letterkundige en poëtiese aspekte, wat as naslaanbron gebruik kan word.
Vir meer inligting besoek ons webwerf by klaskameraad.co.za of vir bestellings kontak Hannes by hbarnard@penguinrandomhouse.co.za