Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
Hoeveel van hierdie vrae oor Afrikaans kan jy korrek beantwoord?
Probeer eers self voordat jy die antwoorde elders op die webtuiste gaan opsoek.
(Wenk: Heelwat van die antwoorde kan jy op die blaaie van Afrikaans.com opspoor, of raadpleeg die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (11e uitgawe) en Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom (Anton F. Prinsloo).
Vrae:
- Hoe oud word Afrikaans (as amptelike taal) in 2025?
- Watter monument in die Paarl vier die ontstaan en voortbestaan van Afrikaans?
- Wat was die oorspronklike naam vir Afrikaans?
- Wie het die eerste Afrikaanse skool in Suid-Afrika tot stand gebring?
- Daar was ‘n behoefte om Afrikaans as skryftaal te ontwikkel. Wanneer is die vereniging, Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), gestig?
- De Bode (reeds in 1859 in Genadendal uitgegee) was ‘n koerant wat tekste en briewe in Afrikaans bevat het, maar die eerste volwaardige Afrikaanse koerant het op 15 Januarie 1875 verskyn, Wat was die naam van die koerant?
- Wanneer is Die Huisgenoot (toe bekend as De Huisgenoot) die eerste keer uitgegee?
- In watter jaar het Afrikaans ‘n amptelike skooltaal geword?
- Die eerste Afrikaanse vroueblad het in 1919 verskyn. Wat was die naam van die blad?
- Die gedagte vir ‘n Afrikaanse Taalmonument het reeds in 1942 posgevat. Wanneer is die monument op Paarlberg amptelik ingewy?
- Die eerste Afrikaanse resepteboek, Di Suid-Afrikaanse kook-, koek-, en resepteboek is deur ‘n Engelse dame geskryf en het in 1891 verskyn. Wat was haar naam?
- Afrikaans het ongeveer 7 miljoen sprekers – wat dit tans die … grootste taal in Suid-Afrika maak.
- Anglisisme: As ‘n mens oor iets wil praat, sê jy in Engels “you bring something up”. Wat is die korrekte Afrikaanse uitdrukking hiervoor?
- Watter variëteit van Afrikaans word veral in die Wes-Kaap gepraat?
- Waar het die woorde “abba”, “eina” en “boegoe” hulle oorsprong?
- Waar kom die woorde “blatjang”, “bobotie” en “sosatie” vandaan?
- Wat beteken die gesegde: “Bietjie baard maar klipsteenhard?”
- Wat beteken die uitdrukking: “Die geel pers.”
- Wat/Wie is ‘n Jan Salie?
- Hoe is iemand wat ‘n uilskuiken is?
- Spelling: Reg of verkeerd? komitee
- Spelling: Reg of verkeerd? akkomodasie
- Spelling: Reg of verkeerd? Mansskoene
- Spelling: Reg of verkeerd? Huistoe
- Meervoud vir mamma
- Meervoud vir pa
- Waarvoor staan die afkorting BSc? (Latyns)
- Waarvoor staan die afkorting do.?
- Wat noem mens ‘n inwoner van die Filippyne?
- Wat noem mens ‘n inwoner van Wene?
- Waarvoor staan die SI-simbool kg/mᶾ
- Skryf die fout in die volgende sin neer: “My geliefkoosde afdeling by die dieretuin is die groot kat-afdeling.”
- Skryf die korrekte vorm van die woord neer: Hy praat sommer padlangs/pad langs.
- Kies die korrekte spelling van die woord: beginnersxhosa OF Beginnersxhosa OF beginners-Xhosa.
- Kies die korrekte spelling van die woord: Ek waardeer/waardeur jou insette.
- Voltooi die volgende frase uit die bekende digter DJ Opperman se gedig: “Sproeireën”. My nooi is in ‘n nartjie,/my ouma in …,/
- Wie het die gedig, “Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig”, geskryf? Wenk: Sy is op 23 Oktober 1952 gebore en is dus vanjaar (2022) 70 jaar oud.
- Hy het die oorspronklike “Die Stem van Suid-Afrika” in 1918 geskryf. Vandag is daar steeds ‘n gedeelte opgeneem in “Nkosi Sikelel’ iAfrika”.
- Wie staan bekend as “Die liedjieboer”? Wenk: Kruidjie-roer-my-nie is een van sy treffers.
- Wie het die treffer Tussen die lakens geskryf/gesing? Hierdie kunstenaar het in Despatch in die Oos-Kaap grootgeword.
- Wie was die regisseur en mededraaiboekskrywer van die 2014- Afrikaanse rolprent “Faan se trein” gebaseer op die verhoogstukke “Faan se trein” en “Faan se stasie”, deur Pieter Fourie?
- Wie was die regisseur en skrywer van die 2015-rolprent, “Abraham”?
- Wie is die skrywer van die kinderavontuurverhaal “’n Goeie dag vir boomklim”?
- Wie was die stem van Haas Das in die weeklikse kort TV-program in die 70’s – “Haasdas se nuuskas” – geskep deur Louise Smit? Wenk: Hy was een van ons bekendste nuuslesers.