In hierdie #Afrikaansaanlyn-gesprek gesels René Arendse met Florance Vermeulen, ’n onderwyser van Bishop Lavis wat onlangs benoem is as ’n finalis vir Solidaritet se Onderwyser van die jaar-kompetisie. Florance se onderwysloopbaan het in 2018 begin en hy werk tans by Lückhoff Sekondêr in Idasvallei, Stellenbosch waar hy spesialiseer in besigheidstudies en ekonomiese bestuurswetenskappe. Florance se unieke leermetodes behels die inkorporering van musiek en dansbewegings. Hierdie 30-jarige onderwyser het ook onlangs weggestap met die Burgemeesterstoekenning vir Jeugbemagtiging.
Volgens Kaapstad se burgemeester, Dan Plato, word hierdie toekenning gegee aan individue wat ‘n besondere bydrae op gemeenskapsvlak lewer. Hy meen dat hierdie artistieke benadering ’n verbintenis tussen hom en sy leerders skep.
Volgens Florance gebruik hy hierdie benadering as ‘n platform om sy passie vir onderwys te beklemtoon, en daardeur leerders te verryk en te laat groei tot holistiese en verantwoordelike individue, om betekenisvolle plekke in hul gemeenskap vol te staan.