Momentum Beleggings Aardklop se feesdatums en plekke is as volg:
- Potchefstroom kry teater én ‘n feesterrein vanaf 30 September tot 2 Oktober.
- Pretoria se teaterweek is vanaf 30 September tot en met 9 Oktober, met feesterrein 6 tot 9 Oktober.
- Linden kry teater vanaf 6 tot 9 Oktober.
Potchefstroom gaan fees dat dit hop!
As jy gedink het Aardklop se aanbod in Potchefstroom gaan afsteek teen vorige jare s’n hier, dink weer! Vanaf 30 September tot 2 Oktober gaan jou Potch-feeskalender uit sy nate bars met produksies wat jy eenvoudig nie kán misloop nie.
Oudergewoonte, sal daar ‘n feesterrein op die NWU-Joolgronde wees vir die drie feesdae. Hier sal ‘n billike ingangsfooi van R50 per persoon (o.12’s gratis) die hele gesin toegang gee tot die bekende kuns- en kosmark, asook die jolige musiekverhoog en lekker kuierplek wat feesgangers oor die jare leer ken het. Die feesterrein sal kontantloos wees, wat beteken dat slegs kaartbetalings aanvaar sal word by die ingang. Dis veilig, vinnig en gerieflik.
Van ons land se voorste akteurs en kunstenaars soos Nataniël, Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm, Charl du Plessis en Rocco de Villiers kuier ook dié naweek saam. Verwag ook spesiale geleenthede soos Willem Botha se “Make-up Masterclass”, Roots se Smultoere en die immergewilde Langtafel (vanjaar die Senwes Langtafel).
Pretoria – ’n Fees in gees en vlees
Toe Aardklop laasjaar koers inslaan na die Jakarandastad, was gehore uitgehonger en ontvanklik vir egte teater, kunste, diskoers, interaksie en natuurlik, samesyn. Vanjaar het die fees dit ten doel om, saam met ons nuwe naamvennoot Momentum Beleggings, presies dít aan feesgangers te bied. En met die afskaffing van beperkings op byeenkomste, kan ons dit nou in oorgawe en met mening doen!
Momentum Belegging Aardklop kuier vanjaar vanaf 30 September tot en met 9 Oktober in Pretoria en bied produksies by verskeie venues in die stad aan. Venues sluit in: Afriforum Teater, Atterbury Teater, en Afrikaanse Hoër Seunskool.
Voortrekkermonument word feesterrein
Vanjaar strek ons aanbod in Pretoria verder as teater. Die Voortrekkermonument word ons feesterrein en hier kom kry jy jou skeut visuele kunste, diskoers, boekgesprekke, stalletjies, musiek en al die lekker feesdinge wat dit ’n regte Aardklop maak. Betaling vir toegang is kontantloos, so onthou jou bankkaart vir ‘n maklike swiep of kliek om toegang te kry tot die terrein. Toegang vir o.12’s is gratis en R50 vir die res. Stalletjie-aankope is nie noodwendig kontantloos nie, maar toegang wel.
Parkeer en spandeer elke dag hier, met vermaak vir die hele gesin. Ons bied daagliks vanaf
6 Oktober diskoers en gesprekke aan. Gaan gooi ‘n draai by die kos- en kunsmark vir middagete, dan kan jy weer aansluit vir boekgesprekke, ‘n draai gooi by die visuele kunste of ‘n drankie geniet saam met vriende by die kykNET-verhoog met musiek in die agtergrond.
Unieke aanbiedinge
- Amanda Strydom se betowerende nuutskepping, Ligval, by die Senotaafsaal.
- Antjie Krog & Antoinette Kellermann word beide 70 vanjaar. Kom vier dié dubbele mylpaal saam en luister hoe Antoinette saam met Ancient Voices Antjie se onsterflike woorde – deurdrenk in eerlikheid, erns, ironie, genade, liefde en al diehot flushes en cold turkeys tussenin – vertolk. Moontlik gemaak deur NATi.
Linden – ons gaan fees op jou voorstoep!
Linden se koel, kalm en kreatiewe aard maak dit die perfekte plek vir Momentum Beleggings Aardklop om vanjaar op te wip. Dié buurt in die yslike groot, diverse Johannesburg, het ’n unieke “kleindorpie”-gevoel in die middel van die groot stad. Samesyn is iets wat die Linden-gemeenskap goed verstaan en juis daarom sien ons uit daarna om vanjaar hier fees te hou.
Venues waar jy aanbiedinge kan verwag, sluit in: Beeld Hoërskool Linden, kykNET Laerskool Louw Geldenhuys, Die Teater Linden, Gereformeerde Kerk, Linden, Laerskool Jan Celliers, en Paputzis restaurant 6, 7 & 8 Oktober vanaf 09:00 tot 18:00 vir aktuele gesprekke en boekgesprekke.
Unieke feesaanbod in Linden
Feesgangers kan uitsien na heelwat puik produksies, maar dit is veral sesTIEN en die kinderteater by kykNET Laerskool Louw Geldenhuys wat Linden se aanbod uniek maak.
- sesTIEN is ‘n nuutskepping wat vir die eerste keer by Momentum Beleggings Aardklop en slegs in Linden as deel van ons program ervaar kan word. Dit is ook ‘n plek-spesifieke produksie. Hier word kykNET Laerskool Louw Geldenhuys se rugbyveld die verhoog en gehoorlede beweeg tussen ses blokke om akteurs in verskillende stories te sien. Bring gemaklike skoene, ‘n hoed en sonbril (en selfs jou kampstoel) vir hierdie een!
- Kinderteater deur van ons land se voorste Afrikaanse kunstenaars.
Besoek ons webstuiste by www.aardklop.co.za en hou ons sosiale media blaaie dop vir meer oor die feesprogram.
Sosiale media: #Aardklop #hierkomons
Momentum Beleggings Aardklop Nasionale Kunstefees:
Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees @aardklop
Twitter: Aardklop Kunstefees @Aardklopfees
Instagram: aardklopkunstefees
Navrae: 087 527 0023 of navrae@aardklop.co.za