Kyk hoeveel jy reg het.
Vrae met antwoorde:
- Hoe oud word Afrikaans (as amptelike taal) in 2025?
100 jaar (8 Mei 1925) - Watter monument in die Paarl vier die ontstaan en voortbestaan van Afrikaans?
Taalmonument - Wat was die oorspronklike naam vir Afrikaans?
Afrikaans-Hollands - Wie het die eerste Afrikaanse skool in Suid-Afrika tot stand gebring?
Die Moslem-gemeenskap/Moesliem-gemeenskap - Daar was ‘n behoefte om Afrikaans as skryftaal te ontwikkel. Wanneer is die vereniging, Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), gestig?
14 Augustus 1875 - De Bode (reeds in 1859 in Genadendal uitgegee) was ‘n koerant wat tekste en briewe in Afrikaans bevat het, maar die eerste volwaardige Afrikaanse koerant het op 15 Januarie 1875 verskyn, Wat was die naam van die koerant?
Die Afrikaanse Patriot - Wanneer is Die Huisgenoot (toe bekend as De Huisgenoot) die eerste keer uitgegee?
1916 - In watter jaar het Afrikaans ‘n amptelike skooltaal geword?
1914 - Die eerste Afrikaanse vroueblad het in 1919 verskyn. Wat was die naam van die blad?
Die Boervrou - Die gedagte vir ‘n Afrikaanse Taalmonument het reeds in 1942 posgevat. Wanneer is die monument op Paarlberg amptelik ingewy?
1975 - Die eerste Afrikaanse resepteboek, Di Suid-Afrikaanse kook-, koek-, en resepteboek is deur ‘n Engelse dame geskryf en het in 1891 verskyn. Wat was haar naam?
EK Dijkman - Afrikaans het ongeveer 7 miljoen sprekers – wat dit tans die … grootste taal in Suid-Afrika maak.
Derde/3e - Anglisisme: As ‘n mens oor iets wil praat, sê jy in Engels “you bring something up”. Wat is die korrekte Afrikaanse uitdrukking hiervoor?
Jy haal dit op. - Watter variëteit van Afrikaans word veral in die Wes-Kaap gepraat?
Kaaps - Waar het die woorde “abba”, “eina” en “boegoe” hulle oorsprong?
Die Khoi-Khoin/Khoi-bevolking - Waar kom die woorde “blatjang”, “bobotie” en “sosatie” vandaan?
Die Ooste en Portugal - Wat beteken die gesegde: “Bietjie baard maar klipsteenhard?”
Gesê van ’n geslepe of ervare persoon - Wat beteken die uitdrukking: “Die geel pers.”
Dit is koerante en tydskrifte wat meestal ongegronde sensasieberigte publiseer - Wat/Wie is ‘n Jan Salie?
’n Sukkelaar - Hoe is iemand wat ‘n uilskuiken is?
Baie dom - Spelling: Reg of verkeerd? komitee
Reg - Spelling: Reg of verkeerd? akkomodasie
Verkeerd – akkommodasie - Spelling: Reg of verkeerd? Mansskoene
Verkeerd – manskoene - Spelling: Reg of verkeerd? Huistoe
Verkeerd – huis toe - Meervoud vir mamma
mammas - Meervoud vir pa
pa’s - Waarvoor staan die afkorting BSc? (Latyns)
Baccalaureus Scientiae - Waarvoor staan die afkorting do.?
ditto - Wat noem mens ‘n inwoner van die Filippyne?
Filippyn/Filippyner - Wat noem mens ‘n inwoner van Wene?
Wener - Waarvoor staan die SI-simbool kg/mᶾ
Kilogram per kubieke meter - Skryf die fout in die volgende sin neer: “My geliefkoosde afdeling by die dieretuin is die groot kat-afdeling.”
grootkatafdeling (1 woord) - Skryf die korrekte vorm van die woord neer: Hy praat sommer padlangs/pad langs.
padlangs (een woord) - Kies die korrekte spelling van die woord: beginnersxhosa OF Beginnersxhosa OF beginners-Xhosa.
Beginnersxhosa - Kies die korrekte spelling van die woord: Ek waardeer/waardeur jou insette.
waardeer - Voltooi die volgende frase uit die bekende digter DJ Opperman se gedig: “Sproeireën”. My nooi is in ‘n nartjie,/my ouma in …,/
kaneel
- Wie het die gedig, “Ma, ek skryf vir jou ‘n gedig”, geskryf? Wenk: Sy is op 23 Oktober 1952 gebore en is dus vanjaar (2022) 70 jaar oud.
Antjie Krog - Hy het die oorspronklike “Die Stem van Suid-Afrika” in 1918 geskryf. Vandag is daar steeds ‘n gedeelte opgeneem in “Nkosi Sikelel’ iAfrika”.
CJ Langenhoven - Wie staan bekend as “Die liedjieboer”? Wenk: Kruidjie-roer-my-nie is een van sy treffers.
Anton Goosen - Wie het die treffer Tussen die lakens geskryf/gesing? Hierdie kunstenaar het in Despatch in die Oos-Kaap grootgeword.
Elandré Schwartz - Wie was die regisseur en mededraaiboekskrywer van die 2014- Afrikaanse rolprent “Faan se trein” gebaseer op die verhoogstukke “Faan se trein” en “Faan se stasie”, deur Pieter Fourie?
Koos Roets - Wie was die regisseur en skrywer van die 2015-rolprent, “Abraham”?
Jans Rautenbach - Wie is die skrywer van die kinderavontuurverhaal “’n Goeie dag vir boomklim”?
Jaco Jacobs - Wie was die stem van Haas Das in die weeklikse kort TV-program in die 70’s – “Haasdas se nuuskas” – geskep deur Louise Smit? Wenk: Hy was een van ons bekendste nuuslesers.
Riaan Cruywagen