Skrywer: Nicolette Kritzinger
“Elke mens het ’n storie om te vertel en daar is soveel inligting oor vroeë dae en jare wat net verlore gaan.
Party mense dra ’n geheim vir baie jare met hul saam, terwyl ander ’n geleentheid soek om te ontlaai.
Daar is soveel dinge wat ’n mens se kinders en kleinkinders nie van jou weet nie.”
Met dit in gedagte het Johan Badenhorst en sy seun, Lean besluit om ’n toepassing te skep wat mense kan help om hul lewensverhaal neer te pen – “Write your own life book”. Die toepassing is gebruikersvriendelik en bied sowat 8 000 vrae oor ’n verskeidenheid onderwerpe insluitend jou werksloopbaan, huwelik, sport ensovoorts. Al hierdie vrae word in kategorieë verdeel ten einde 12 modules te vorm wat uit verskillende hoofstukke bestaan. Sodra jou verhaal voltooi is, kan dit in pdf-formaat afgelaai en met familie en vriende gedeel word.
Lean meen die toepassing is gemik op oud en jonk. “Hoe vroeër en gouer jy begin skryf, des te meer volledig sal jou lewensboek wees. Hoe ouer mens word, hoe meer moet jy op jou geheue staatmaak,” sê Lean.
Die “Write your own life book”-toepassing hou verskillende voordele vir verskillende gebruikers in en kan vir verskeie redes gebruik word.
“Baie mense gebruik die lewensboek om hul eie historiese en rou wonde weer oop te krap, maar so raak hulle ook van spanning, depressie, angs, onsekerheid, skuldgevoelens, kommer en vrees ontslae. Daar word egter ook baie positiewe dinge neergepen en vele verrassings word met diegene gedeel wat later die lewensboek lees.”
Die toepassing is beskikbaar in beide Afrikaans en Engels en gee aan oud en jonk die geleentheid om hul herinneringe en ervarings vir nageslagte, vriende of familie te verwoord.
Om die toepassing af te laai:
- Google Play Store
- Apple Store
- PC Desktop
Dit is maklik om die toepassing te gebruik
Daar is inligting op die webtuiste beskikbaar oor hoe om die proses so maklik en pynloos moontlik te maak. Jy het ook die opsie om eers ‘n proeflopie te doen – net om seker te maak dit is wat jy wil doen.
Terwyl jy skryf aan jou verhaal, word jou boek op ‘n “cloud”-platform gestoor waar dit sal bly totdat jy jou maandelikse inskrywing stop – maar jy kan dit ook op jou rekenaar stoor om later te druk.
Die inligting in jou “Lewensboek”-lêergids is net joune – totdat jy besluit om dit aan iemand beskikbaar te stel. Daarom word jou boek met ‘n wagwoord beskerm.
Hoeveel kos dit?
Betalings geskied maandeliks per debietorder (teen R82-50 per maand) of met ‘n enkelbetaling (R808-50) vir die eerste 12 maande. Daarna verminder die bedrag.
Kontak:
As jy vrae het, kan jy jou details stuur na: info@wyolb.com of gaan kyk op die webtuiste wat die toepassing alles bied – en as dit is wat jy graag wil doen, vul dan sommer vandag nog die vorm aanlyn in.