Nuut op die front van Afrikaanse vermaak, is die aanlyn en gratis digitale platform AfriForumTV wat gehalte visuele inhoud bied aan lede en nielede. Nou kan intekenaars verskeie kanale in die gemak van hulle huise op hulle televisie, rekenaar of selfoon verken deur van die AfriForumTV-toep gebruik te maak. Dié platform het ook ‘n aantal programme vir kinders. Hier is vyf van ons gunsteling-kinderprogramme op dié platform.
Naam van program: Kroonland se skuur
Kort beskrywing: Kroonland se skuur is ’n reeks vir kinders en vertel Bybelverhale vanuit diere se oogpunt.
Wie dit sal geniet: Kinders van die ouderdom 2 jaar en op.
Beperkings: Geen.
Tipe: Reeks.
Naam van program: Klein Helde
Kort beskrywing: Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck was die stigter van die eerste nedersetting in Suid-Afrika in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC).
Klein Helde is ‘n konsep deur Nuhan Yssel. Dit neem baie lank om animasie te skep veral omdat sy werk uit verskillende prioriteite bestaan, daarom dat daar nog net een episode is.
Wie dit sal geniet: Kinders van die ouderdom 2 jaar en op.
Beperkings: Geen.
Tipe: Reeks.
Naam van program: Jabie
Kort beskrywing: Jabie is ‘n kinderreeks wat saam met kinders speel deur hulle te leer van verskillende dinge in die wêreld.
Wie dit sal geniet: Kinders van die ouderdom 2 jaar en op.
Beperkings: Geen.
Tipe: Reeks
Naam van program: Gesondheid uit die grond uit
Kort beskrywing: Gesondheid uit die grond uit is ‘n kinderreeks aangebied deur twee tieners wat stap vir stap vir jou verduidelik hoe om gesonde kos voor te berei.
Wie dit sal geniet: Kinders van die ouderdom 7 jaar en op
Beperkings: Geen
Tipe: Reeks.
Naam van program: Doen dit sommer self
Kort beskrywing: Doen dit sommer self is ‘n kinderreeks aangebied deur Stella wat verskillende versierings en speletjies maak deur stap vir stap te verduidelik (en ook te wys) hoe om dit te maak.
Wie dit sal geniet: Kinders van die ouderdom 7 jaar en op
Beperkings: Geen
Tipe: Reeks
Om te registreer
Gaan registreer vandag nog by https://afriforumtv.co.za/registreer
AfriForumTV wil die Afrikaanse gemeenskap ondersteun. Gaan loer gerus hier.
Kyk AfriForumTV by www.afriforumtv.co.za of laai die toep af van Google Playstore.
Hierdie kinderprogramme is ook op AfriKinders beskikbaar. ‘n Veilige platform net vir kinders. Besoek www.afrikinders.co.za