Skrywer: Nikki Bush
In ons besige lewens, is dit maklik om in die strik van die allesoorheersende tegnologie te beland. Daarom moet ouers toesien dat hulle kinders nie vasgevang word in ’n eensame, sittende en skermgebaseerde lewe nie. Ek noem dit die “Triple ‘S’-sindroom: a solitary, sedentary, screen-based existence.” Byvoorbeeld:
- Om skerms in te span om as baba-oppasser in te staan of om ons kinders te vermaak, is gerieflik, maar is oor die algemeen nadelig vir ons kinders. Een van die belangrikste ontwikkelingsfases van kinders is sosialisering en dit moet in persoon plaasvind om enige uitwerking te hê, m.a.w. kinders met saam speel.
As jy te moeg is om met jou kind te speel of te besig is om hulle na hulle maatjies toe te neem om te gaan speel, of om ander kinders by jou huis te ontvang, lei dit dikwels tot ’n kind wat lang tye alleen deurbring en dit dikwels voor ’n skerm wat hom geselskap hou. Selfs kinders wat saam TV kyk, het nie interaksie nie en kommunikeer ook nie noodwendig met mekaar nie.
- Kinders wat tyd voor ’n skerm deurbring, beweeg nie en kry nie oefening nie en sit vir lang tye. Die sitkamerbank word amper soos hulle beste vriend. Om hulle aan die beweeg te kry, raak moeiliker na gelang meer tyd voor die skerm spandeer word.
Beweging help om die brein te bedraad vir akademiese leer, wat beteken dat ’n sittende lewe ten alle koste vermy moet word. Anders lei dit waarskynlik tot nog meer van jou tyd en raak dit ook jou beursie aansienlik wanneer jy jou kind moet neem vir terapie omdat daar gapings in sy ontwikkeling is. Dit raak ook algaande moeiliker om jou kind te motiveer en dissiplineer wat julle verhouding nog meer sal laat skipbreuk ly. Vir julle albei se welstand is dit noodsaaklik om skermtyd te bestuur.
- Wanneer kinders lang tye voor ’n skerm deurbring, kan skermaktiwiteite verslawend raak omdat dit die afskeiding van chemikalieё afkomstig uit die “plesiersentrum” van die brein, stimuleer. Kinders ervaar ook ’n vals gevoel van prestasie sonder dat hulle veel hoef te gedoen het. Kinders sien die wêreld toenemend op ’n skerm. Kinders jonger as 12, het ’n ontwikkelingsbehoefte om betrokke te wees in die regte en nie die virtuele wêreld nie. Matigheid en ’n goeie balans tussen skerm- en nieskermaktiwiteite is belangrik.
Die hartseer realiteit is dat kinders al hoe meer tyd spandeer op hulle skerms in plaas daarvan dat daar slaaptydstories gelees word, liedjies geleer word, of met hulle ouers gesels word. Wat ek die “Triple S”-sindroom noem, erodeer die einste verhoudings waarop ons ons gesinne en ons kinders se toekoms bou. Voorkoming is beter as genesing. Die oplossing? Vaksineer onmiddellik met gereelde dosisses skermvrye tyd wat gekenmerk word deur die warm, genotvolle samesyn van speel, beweging en kommunikasie.
Meer oor Nikki Bush
In ‘n wêreld waar verwarrende menings en keuses ten opsigte van kinderontwikkeling en ouerskap hoogty vier, is die bekroonde spreker en topverkoperskrywer van vyf boeke, Nikki Bush, en ‘n deskundige in menslike potensiaal en ouerskap, ‘n vars briesie. Haar gematigde en verstandige stem met ‘n gesonde skeut gesonde verstand daarby, is presies waarna ouers en opvoeders smag. Nikki het die vermoё om moeilike, komplekse en sensitiewe onderwerpe na vore te bring en dit op haar unieke manier toeganklik vir ons almal te maak.
Nikki is in 2019 as ‘n Hall of Fame-spreker opgeneem – die eerste vrou in Suid-Afrika om hierdie toekenning te ontvang. In dieselfde jaar, is sy deur die Ford Motor Company erken as ‘n vrou met dryfkrag (a Women with Drive).
Nikki se aanbiedinge, werkwinkels, artikels en so meer, spreek van energie, passie, humor en ‘n innemende eerlikheid en kwesbaarheid. Future-proof Yourself (Penguin Random House), haar boek oor dans met ontwrigting (dancing with disruption), is in Julie 2021 gepubliseer. Sy was medeskrywer van verskeie topverkoperboeke oor ouerskap, insluitende Future-proof Your Child for the 2020s and Beyond (Penguin Random House, 2019) en het reeds meer as 3 500 media-onderhoude op haar kerfstok met weeklikse insette op Radio 702 en SABC3 se Expresso.
Vir meer inligting, besoek: www.nikkibush.com
