Skrywer: Nikki Bush
Ons raak so vasgevang in die alledaagse – ons toestelle, werk en algemene besig wees – dat ons vergeet kinders het bloot die eenvoudigste goed van ons nodig:
- Om piekniek te hou in die tuin
- Om saam kos te maak
- Om saam motor te was
- Om saam in die bed onder die duvet te nestel
- Om in die motor te gesels
- Om met hulle te gesels wanneer hulle in die trollie sit terwyl ons inkopies doen
- Om te gaan kyk wanneer hulle aan sport deelneem sonder om in te meng of druk op hulle te plaas
- Om ekstralang slaaptydstories vir hulle te lees
- Om saam speletjies te speel
- Om hulle lewensvaardighede te leer sodat hulle kan leer om onafhanklik te wees
Hulle wil ons tyd en aandag hê – dit is hoe ons met mekaar omgaan. Hulle het samesyn nodig en dikwels besef ons dit nie. In plaas daarvan:
- Mikrobestuur ons elke dag hulle hele bestaan, hetsy self of deur middel van ’n derdeparty
- Is ons nie teenwoordig nie, want ons is besig om ons loopbane te vestig, of in baie gevalle verdien ons ‘n inkomste wat net genoeg is om kop bo water te hou
- Koop ons vir hulle die jongste en beste katoeters omdat hulle reken hulle MOET dit hê
- Trek ons hulle aan in die “regte” handelsmerke
- Skryf ons hulle in by heeltemal te veel buitemuurse bedrywighede om seker te maak ons ontgin hulle talent
- Bestee ons heelwat tyd op ons toestelle in hulle teenwoordigheid – ons selfone, skootrekenaars en tablette
Glo my, ek suig nie hierdie goed uit my duim uit nie. Na afloop van ’n “Parenting on the Run”-werkswinkel wat ek by die “Working Mothers’-ekspo aangebied het, was daar toevallig twee dogtertjies van 8 en 11 jaar oud in die vertrek. Gewoonlik is kinders nie veronderstel om in hierdie ouerskapwerkswinkels te wees nie, want ek praat juis oor hulle. Omdat dit egter ‘n publieke ekspo was, kon ek dit nie verhoed nie. Hulle het alles ingeneem en was gaande oor die dobbelsteentjie-speletjies wat gespeel is.
Na afloop van my praatjie, het die organiseerder die mikrofoon in die gehoor rondgestuur sodat hulle kon vrae vra. Die laaste hand wat in die lug opgesteek is, was die van die agtjarige wat in trane uitgebars het en gevra het wat sy moet doen as haar mamma nooit met haar speel nie, selfs as sy tuis en in die huis is. Dit was hartverskeurend en 80+ ma’s was onmiddellik in trane. Dit was klinkklare bewys dat my argument geldig is en dat kinders desperaat is vir ’n werklike verbintenis met ons op die eenvoudigste maniere.
Dit is belangrik om ouerskap so eenvoudig en goedkoop as moontlik te hou. Bou ’n verhouding met jou kinders. Hulle wil jou naby hulle hê en het jou nodig.
Meer oor Nikki Bush
In ‘n wêreld waar verwarrende menings en keuses ten opsigte van kinderontwikkeling en ouerskap hoogty vier, is die bekroonde spreker en topverkoperskrywer van vyf boeke, Nikki Bush, en ‘n deskundige in menslike potensiaal en ouerskap, ‘n vars briesie. Haar gematigde en verstandige stem met ‘n gesonde skeut gesonde verstand daarby, is presies waarna ouers en opvoeders smag. Nikki het die vermoё om moeilike, komplekse en sensitiewe onderwerpe na vore te bring en dit op haar unieke manier toeganklik vir ons almal te maak.
Nikki is in 2019 as ‘n Hall of Fame-spreker opgeneem – die eerste vrou in Suid-Afrika om hierdie toekenning te ontvang. In dieselfde jaar, is sy deur die Ford Motor Company erken as ‘n vrou met dryfkrag (a Women with Drive).
Nikki se aanbiedinge, werkwinkels, artikels en so meer, spreek van energie, passie, humor en ‘n innemende eerlikheid en kwesbaarheid. Future-proof Yourself (Penguin Random House), haar boek oor dans met ontwrigting (dancing with disruption), is in Julie 2021 gepubliseer. Sy was medeskrywer van verskeie topverkoperboeke oor ouerskap, insluitende Future-proof Your Child for the 2020s and Beyond (Penguin Random House, 2019) en het reeds meer as 3 500 media-onderhoude op haar kerfstok met weeklikse insette op Radio 702 en SABC3 se Expresso.
Vir meer inligting, besoek: www.nikkibush.com