Skrywer: Annelie van Jaarsveldt
“When writing the story of your life, don’t let anyone else hold the pen.”
– Rebel Thriver
Onthou jy nog hoe jou ouma stories uit haar kinderjare vertel het en jy aan haar lippe gehang het? Hoe jy jou verbeel jy is saam met oom Piet in die Bosveld – veral wanneer hy na nog ‘n jagtog sy stories om die braaivleisvuur gedeel het. Of as jou pa iemand ontmoet en vra: “Nou van watter Van Zyls is jy?” En nou? Nou is hulle lankal reeds oorlede en jy het toe nooit daardie stories neergeskryf nie … Nou is jy in dieselfde bootjie en het jy self baie beleef en het jy nog meer om te vertel, maar hoe gemaak om dit vir jou nageslag te bewaar? Sodat hulle sal weet: Jan van Zyl is gebore en getoё in die Noord-Kaap, sy alma mater was Tukkies, hy is getroud met Dina Jansen en hulle het vier kinders gehad …
Wel, jy hoef nie verder te soek nie. Nou is daar ‘n maklike manier om jou unieke storie – jou eie lewensverhaal – neer te skryf, hetsy jou lewe soos ‘n roman, ‘n komedie, ‘n speurverhaal of dagboek lees. Moet dus nie langer uitstel nie. Afrikaans.com vertel jou graag van ‘n opwindende aanlyn e-boektoepassing wat die takie sommer heelwat vergemaklik. En nee … jy hoef nie ‘n skrywer te wees nie.
Wat is “Write your own life book”?
- Dit is ‘n aanlyn e-boektoepassing oor jou eie lewensverhaal.
- Daar is duisende vrae op die platform geskep, verdeel in verskillende modules, wat 12 maande lank elke maand aan jou beskikbaar gestel sal word. Jy antwoord bloot op die vrae.
- Die inligting bly privaat, maar nadat jy dit voltooi het, het jy die opsie om die e-boek in PDF-formaat met ander te deel. Maar selfs al deel jy dit met niemand nie – soms is dit net terapeuties om jou storie neer te skryf.
- Daar is 12 modules, 124 hoofstukke en 8 000+ vrae – jy kan ook jou eie vrae byvoeg.
Wat is die doel van die toepassing en e-boek?
Jy skryf jou stories neer – dinge wat met jou gebeur het, die lief en leed, meer oor jou familie en vriende, die sport waaraan jy deelgeneem het, reise wat jy onderneem het … alles wat jou die mens gemaak het wat jy vandag is. Jy kan dan jou verhaal laat druk en met jou geliefdes deel.
Om die toepassing af te laai:
Dit is maklik om die toepassing te gebruik
Daar is inligting op die webtuiste beskikbaar oor hoe om die proses so maklik en pynloos moontlik te maak. Jy het ook die opsie om eers ‘n proeflopie te doen – net om seker te maak dit is wat jy wil doen.
Terwyl jy skryf aan jou verhaal, word jou boek op ‘n “cloud”-platform gestoor waar dit sal bly totdat jy jou maandelikse inskrywing stop – maar jy kan dit ook op jou rekenaar stoor om later te druk.
Die inligting in jou “Lewensboek”-lêergids is net joune – totdat jy besluit om dit aan iemand beskikbaar te stel. Daarom word jou boek met ‘n wagwoord beskerm.
Koste:
Betalings geskied maandeliks per debietorder (teen R82-50 per maand) of met ‘n enkelbetaling (R808-50) vir die eerste 12 maande. Daarna verminder die bedrag.
Kontak:
As jy vrae het, kan jy jou details stuur na: info@wyolb.com of gaan kyk op die webtuiste wat die toepassing alles bied – en as dit is wat jy graag wil doen, vul dan sommer vandag nog die vorm aanlyn in.
Lekker skryf!
Loer gerus na die onderhoud waar hulle op “Met ’n huppel in die stap” (kykNET) gesels oor “Write Your own Life Book”.